Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Daryn stuur 3 kolwers pawiljoen toe

Die aanvangsbouler Daryn Dupavillon het met 3/52 die beste onder Suid-Afrika A se boulers gevaar op die eerste dag van die vierdagwedstryd teen Zimbabwe se naasbestes gister in Harare.

Die tuisspan wat besluit het om te kolf, het met die uitskeityd 253/5 in sy eerste beurt gehad.

Milton Shumba (74) en Dion Myers (69) het vyftigtalle behaal voordat albei slagoffers van Dupavillon was. Zimbabwe A het 151/2 gehad toe Myers uit is.

Die snelbouler Migael Pretorius (1/38) en draaier Senuran Muthusamy (1/45) het die ander twee paaltjies laat kantel.

TELKAART

Die spanne is in twee vierdagwedstryde in Harare slaags.

Weens die verlangde Covid-19-toetse was die groepie spelers wat oor die naweek by die SA eendagspan daar aangesluit het, nie voltallig nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Sa A  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.