Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Durham kies balpeuteraar as kaptein

Durham het die Australiese aanvangskolwer Cameron Bancroft as sy kaptein aangewys vir dié Engelse graafskap se veldtogte in die County Championship- en One-Day Cup-reeks hierdie seisoen.

Cameron Bancroft, van geskorste balpeuteraar tot kaptein. Foto: Getty Images

Bancroft (26) het in Desember teruggekeer ná ’n skorsing van nege maande weens sy aandeel in die balpeuterskandaal in die derde toets teen Suid-Afrika in Kaapstad in Maart verlede jaar.

ABCSport berig die Wes-Australiër vervang die voormalige kaptein Paul Collingwood, wat aan die einde van die 2018-veldtog uitgetree het.

“Ons vertrou hy beskik oor die nodige leierseienskappe,” sê Durham se afrigter, James Franklin.

“Sy ervaring op die hoogste vlak is van onskatbare waarde en hy was voorheen suksesvol in Engeland in sy tyd by Gloucestershire.

“Hy het met sy terugkeer na eersterangse krieket die afgelope paar maande bewys hy beskik oor die geestelike taaiheid, vaardighede en ingesteldheid om op die hoogste vlak te presteer.”

Nadat hy saam met die voormalige kaptein Steve Smith en voormalige onderkaptein David Warner geskors is, het Bancroft nog niks gevoeg by sy agt toetse vir die Aussies nie. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Graafskap  |  Durham  |  Cameron Bancroft  |  Balpeutery  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.