Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dwaine se graafskap-droom waar

Die veelsydige Protea Dwaine Pretorius sal hom ná die Wêreldbeker-toernooi by Northamptonshire aansluit.

Dwaine Pretorius. Foto: Gallo Images

Hy gaan vir dié graafskap in Engeland se T20 Blast-krieketkompetisie speel.

Die 30-jarige Pretorius het Suid-Afrika in 19 eendagwedstryde en vier T20-wedstryde verteenwoordig.

Hy kan in Augustus ook in Northants se meerdagwedstryd teen Worcestershire speel.

Die veelsydige speler het op Northamptonshire se webtuiste gesê dis ’n droom wat waar geword het, want hy wou nog altyd graafskapkrieket gespeel het.

Die graafskap het daarop gewys sy koms is onderhewig aan Krieket Suid-Afrika se goedkeuring, wat nog nie ontvang is nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Proteas  |  Dwaine Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.