Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
ECB bekyk nóg ’n destydse rassistiese twiet

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) ondersoek aantygings van ’n tweede Engelse speler wat destyds “aanstootlike materiaal” op sosiale media gedeel het.

Oliver Dowden, Brittanje se minister van kultuur, sê die ECB het oorreageer deur die snelbouler Ollie Robinson uit alle internasionale krieket te skors oor rassistiese en seksistiese aanmerkings wat hy jare gelede op Twitter gemaak het. Foto: Getty Images

Die ECB het Sondag die snelbouler Ollie Robinson uit alle internasionale krieket geskors weens rassistiese en seksistiese aanmerkings wat hy jare gelede op Twitter gemaak het.

Wisden.com beweer hy het op ’n twiet afgekom wat rassisties is, maar het nie die identiteit van die speler bekendgemaak nie, want hy was jonger as 16 toe hy dit gedeel het.

Die ECB sê in ’n verklaring die kwessie is “onder ons aandag gebring”, dat dit ondersoek word en dat die beheerliggaam later verder kommentaar sal lewer.

BBCSport berig Boris Johnson, Brittanje se premier, het hom Maandag geskaar agter Oliver Dowden, die minister van kultuur, se mening dat die ECB “oorreageer” het deur Robinson te skors vir twiets wat ’n dekade oud is.

Robinson (27) het “onvoorwaardelik” om verskoning gevra vir inskrywings op Twitter wat hy tussen 2012 en 2013 gemaak het. Dié inskrywings is opgediep nadat hy verlede week op Lord’s sy toetsdebuut teen Nieu-Seeland gemaak het.

Die ECB het Robinson Sondag geskors hangende ’n tugondersoek. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Seksisme  |  Rassisme  |  Ecb  |  Ollie Robinson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.