Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
ECB sê hy sal ‘Superreeks’ sterk oorweeg
Sourav Ganguly, president van die Indiese Krieketraad.Foto: Getty Images

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het bevestig hy is “oop vir gesprekke” oor deelname aan ’n viernasiestoernooi in 2021.

Dit volg op berigte uit Indië dat dié land se krieketraad planne het vir ’n jaarlikse eendagkompetisie waarby ook Engeland, Australië en nog ’n land betrokke sal wees.

Sourav Ganguly, president van die Indiese Krieketraad (BCCI), is in die plaaslike media aangehaal waar hy sê die plan vir ’n eendagkompetisie, die sogenaamde Superreeks, is in werking en dat die kompetisie hopelik reeds teen 2021 gehou sal word.

Die ECB erken hy was in gesprek met sy eweknie van Indië oor die reeks, maar sê die fyner besonderhede moet nog uitgepluis word.

“Ons vergader gereeld met die besluitnemers van krieketlande om sake te bespreek wat ons sport se toekoms raak,” het die ECB Woensdag in ’n verklaring gesê.

Die idee van die viernasiestoernooi is op ’n onlangse vergadering met die BCCI geopper en ons is oop vir gesprekke met ander lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) oor die konsep.
ECB-verklaring

“Die idee van die viernasiestoernooi is op ’n onlangse vergadering met die BCCI geopper en ons is oop vir gesprekke met ander lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) oor die konsep.”

Enige verwikkeling op dié gebied sal waarskynlik met beduidende agterdog begroet word, gegewe die feit dat die res van die krieketwêreld redelik keelvol is vir die sogenaamde Groot Drie – Engeland, Australië en Indië – wat sedert 2014 die sport met ’n ystervuis regeer.

Die drie se oorname het toegesien dat die internasionale inkomste uit krieket met ’n sterk stroom na hulle vloei, aangesien hulle ook die lande is waar die massiewe belangstelling in die sport om elke hoek en draai nuwe bemarkingsgeleenthede skep.

Die IKR het sedertdien die geldkoek ’n bietjie meer eweredig begin verdeel, maar daar is nog verskeie krieketlande wat finansieel sukkel om te oorleef. – TeamTalk; Sportredaksie

Meer oor:  Sourav Ganguly  |  Indië  |  Engeland  |  Superreeks  |  Krieket  |  Eendagreeks  |  Bcci  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.