Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Elgar: ‘Ons was klinies, meedoënloos’

Dean Elgar reken seker hierdie toetskapteinskap-ding is redelik eenvoudig. Jy hoef nie eens ’n lopie aan te teken, ’n paaltjie te vat óf ’n vangkans te benut nie en jou span kan steeds in twee en ’n half dae wen!

Elgar het, in sy eerste toets as voltydse kaptein, een van 14 kapteins geword wat ’n toets wen sonder om ’n lopie te slaan, ’n paaltjie plat te trek of ’n vangkans te nuttig.

Dean Elgar, Suid-Afrika se toetskaptein. Foto: Gallo Images

Dié stukkie trivialiteit ten spyt – Elgar is ’n trotse kaptein ná die Proteas se spogsege met ’n beurt en 63 lopies oor die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia.

“Dit voel goed, hoor,” het Elgar Sondag gesê.“Dit was twee en ’n half dae van baie taai toetskrieket in toestande waaraan ons nie gewoond is nie, op ’n blad wat die boulers baie bygestaan het.”

Die boulers het die Windies vir 97 en 162 uitgeboul, met Lungi Ngidi en Kagiso Rabada wat elk ’n vyftal aan paaltjies behaal het en Anrich Nortjé wat die toets met sewe paaltjies oor albei beurte afsluit.

Met die kolf het Quinton de Kock die Windies met ’n onoorwonne beurt van 141 (170 balle) gebêre om aan die Proteas hul eerste wegsege in tien toetse te besorg. Die laaste oorsese toets wat hulle gewen het, was in 2017 teen Engeland op Trent Bridge.

Ek het gedruk vir ’n ouskool Suid-Afrikaanse vertoning en ek het dít uit die ouens gekry.

“Ons het dit reggekry om meer as 300 op ’n moeilike blad aan te teken, so ons kolwers moet ook krediet kry.

“Dit is lekker om nog ’n toetsoorwinning te kry, dit is nie iets wat ons as vanselfsprekend aanvaar nie, want dit is baie taai.

“Dit is lekker wanneer alles bymekaar kom. Lungi, KG en Annas was skitterend met die bal, en Kesh (Maharaj) op dag drie toe hy ’n kans gekry het.

“Quinny het sy beste toetstelling aangeteken en Aiden en Rassie het hulself ook goed laat geld, en dit maak my baie bly.

“Dit was klinies, dit was meedoënloos. Ek het gedruk vir ’n ouskool Suid-Afrikaanse vertoning en ek het dít uit die ouens gekry.”

Die tweede toets begin Vrydag op dieselfde veld en Elgar sê dit is nou die tyd om bestendigheid te kweek.

“Ons sal eers ons twee afdae geniet. Dit sal daarna ’n sonde wees as ons ons voet van die pedaal afhaal. Ek soek ’n reekssege met 2-0 oor die Windies.

“Om net een wedstryd te wen, beteken nie só veel nie, ons soek bestendigheid. Daarom gaan ons druk vir die reekssege.”

TELKAART

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.