Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland beboet vir trae boulwerk
Eoin Morgan. Foto: Getty Images

Die Engelse krieketspan is met 20% van sy wedstrydgeld beboet vir sy slakkepas boulwerk in die derde en laaste T20-wedstryd teen die Proteas Sondag in Centurion.

David Boon, die wedstrydskeidsregter, en die twee skeidsregters het bevind dat die toerspan sy boulbeurte nie betyds voltooi het nie.

Die Engelse het aan die einde een boulbeurt te min afgestuur.

Geen tugverhoor was nodig nie omdat Engeland se kaptein, Eoin Morgan, skuld beken en die straf teen sy span aanvaar het.

Morgan was die Speler van die Wedstryd vir sy onoorwonne 57 lopies van net 22 balle wat Engeland gehelp het om die wedstryd en die reeks te beklink. – Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Boete  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.