Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland dra BLM-logo saam met Windies

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het bevestig Engeland sal hom by die Wes-Indiese Eilande aansluit in die dra van ’n Black Lives Matter-embleem op sy spandrag vir hul toetsreeks van drie kragmetings.

Die Black Lives Matter-embleem, wat vir die eerste keer deur Engelse sokkerspanne gedra is, is ontwerp deur Alisha Hosannah, vriendin van Troy Deeney, kaptein van die Engelse Premierliga-span Watford. Foto: Getty Images

Die Windies het vroeër aangedui hulle beplan om die logo te vertoon wat deur Alisha Hosannah, vriendin van Troy Deeney, kaptein van die Engelse Premierliga-span Watford, ontwerp is.

Deeney is gekontak deur die ECB en die Windies se krieketbeheerliggaam om toestemming te bekom vir die logo om op die krae van die spanne se hemde aangebring te word, soos vereis deur Internasionale Krieketraad-regulasies.

Volgens Tom Harrison, die ECB se uitvoerende hoof, wys die besluit om die logo te dra “vordering en maatskaplike verandering” en is dit nie ’n onderskrywing van enige politieke organisasie nie.

“Ons is bewus van sekere aspekte van die BLM-beweging wat hul eie politiek bevorder en hul optrede en sienings word geensins deur die ECB of ons spelers ondersteun nie,” sê Harrison.

“Hierdie gebaar gaan oor eenheid. Ons is trots daarop dat ons spelers langs dié van die Windies sal staan en ’n logo dra wat daardie filosofie beliggaam.”

Ben Stokes voer die Engelse in die eerste toets aan wat Woensdag by die Ageas Bowl-stadion in Southampton begin.

– Reuters

Meer oor:  Troy Deeney  |  Toetskrieket  |  Black Lives Matter  |  Ecb  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.