Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland neem voortou in reeks teen Pakistan
Chris Woakes van Engeland vier sy span se oorwinning oor Pakistan in die eerste toets by Manchester. Foto: Getty Images

Pakistan se boulers kon uiteindelik nie vir Jos Buttler en Chris Woakes stuit nie op die vierde dag van die eerste toets in Manchester wat Engeland met drie paaltjies gewen het.

Woakes se 84 (10x4) en Buttler se 75 (7x4, 1x6) het die wind uit die besoekers se seile geneem en dié keer kon nie eens Yasir Shah (4/99), wat die tweede keer in die toets net kort geval het van ’n vyfkuns in ’n beurt, Engeland se momentum stuit nie.

Engeland, wat 219 in hul eerste beurt aangeteken het, het beter vertoon met die kolf en die tweede keer wat hulle voor die penne moes aantree die telbord aan die rol gehou, selfs al was tuimelende paaltjies nie noodwendig ’n skaarsheid nie.

Pakistan kon uiteindelik nie veel lopies by hul oornagtelling byvoeg nie. Die besoekers het Engeland vir 219 uitgeboul in hul eerste beurt nadat hy self 326 lopies opgestapel het.

Pakistan het oornag ’n voorsprong met 107 lopies gehad toe hy tot 137/8 gesukkel het.

Hy kon toe Saterdag net 32 lopies by sy telling voeg met Engeland wat hom uitgeboul het vir 169.

Stuart Broad (3/37), Woakes (2/11) en Ben Stokes (2/11) het die praatwerk met die bal gedoen, terwyl Shah (33; 5x4, 1x6) nie net met die bal nie, maar ook met die kolf sy span probeer dra het.

Meer oor:  Chris Woakes  |  Jos Buttler  |  Engeland  |  Pakistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.