Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland se Stokes is beste in wêreld
Ben Stokes Foto: Getty Images

Engeland se veelsydige speler Ben Stokes is Woensdag as die Internasionale Krieketraad (IKR) se Speler van die Jaar aangewys. Hy was verlede jaar ’n sleutelspeler in sy span se verowering van sy eerste Wêreldbeker-kroon.

Stokes het in die eindstryd van die WB-toernooi teen Nieu-Seeland ’n onoorwonne 84 aangeteken.

Die 28-jarige Stokes het ook ’n onoorwonne 135 aangeteken in die Engelse se oorwinning oor Australië in die derde toets in die reeks om die As op Headingley.

Stokes het in ’n verklaring gesê die laaste 12 maande was die beste tot dusver in sy loopbaan en sal die grondslag lê vir nóg sukses in die jare vorentoe.

Die Aussie-snelbouler Pat Cummins het onder meer sy spanmaats Steve Smith en Marnus Labuschagne uitgestof vir die prys as Toetsspeler van die Jaar.

Pat Cummins Foto: AP

Die Indiese aanvangskolwer Rohit Sharma is die voorste Eendagspeler van die Jaar. Hy het sewe honderdtalle aangeteken, waarvan vyf in die WB-toernooi.

Sharma se spanmaat Deepak Chahar se 6/7 in ’n T20-wedstryd teen Bangladesj – die beste ontleding in dié formaat – het hom die prys as beste T20-speler besorg.

Labuschagne is as die Opkomende Speler van die Jaar aangewys.

Marnus Labuschagne Foto: AP

Virat Kohli, die Indiese kaptein, is as kaptein van die IKR se toets- en eendagspan van die jaar aangewys. Hy het ook die prys vir sportmangees ontvang omdat hy die toeskouers op die Oval aangesê het om die uitjouery van die Aussie Steve Smith te staak.

Richard Illingworth is die Skeidsregter van die Jaar. 

– Reuters

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Ikr  |  Eendagkrieket  |  Ben Stokes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.