Quinton de Kock (65, 22 balle, 2x4, 8x6) het egter met sy rekordbeurt, die vinnigste vyftigtal nog vir Suid-Afrika in ‘n T20-stryd van slegs 17 balle, die grondslag saam met Temba Bavuma (31) help lê om die teiken te bereik.
Quinton de Kock (65, 22 balle, 2x4, 8x6) het egter met sy rekordbeurt, die vinnigste vyftigtal nog vir Suid-Afrika in ‘n T20-stryd van slegs 17 balle, die grondslag saam met Temba Bavuma (31) help lê om die teiken te bereik.
Rassie van der Dussen (43*, 26 b, 2x4, 3x6) het saam met Dwaine Pretorius (25, 13 b) hard probeer om die onwaarskynlike sege te behaal, maar dit was uiteindelik nie vir hulle bestem nie.
Te midde van al die drama kan die vraag gevra word: Waar op dees aarde was Dale Steyn?
Die Phalaborwa Express se afwesigheid in die Suid-Afrikaanse span vir Vrydag se T20-krieketwedstryd teen Engeland op Kingsmead in Durban gaan die verstand te bowe.
Dit was nou nie asof hy ’n dringende Valentynsdag-afspraak gehad het om na te kom nie.
Met dié Lamborghini van die Suid-Afrikaanse boulaanval skadeloos in die motorhuis weggesteek, het Engeland se kolwers gesê baie dankie en die beste van die saak gemaak om ’n meer as indrukwekkende 204/7 in hul 20 beurte aan te teken.

Dale Steyn
Steyn is uitgelaat ten koste van die draaier Bjorn Fortuin, wat uiteindelik self net twee boulbeurte geboul het en 15 lopies afgestaan het.
Beuran Hendricks, wat mens voel eerder die slagoffer moes wees om vir Fortuin plek te maak nadat daar besluit is om met ’n ekstra draaier te speel, het ’n allemintige 45 lopies in net drie beurte afgestaan.
Lungi Ngidi het wel drie paaltjies geneem, maar was self aan die duur kant en het 48 lopies afgestaan.
En dan kan die vraag ook gevra word hoekom die mees ekonomiese bouler, Dwaine Pretorius (1/17 in drie), nie sy vierde boulbeurt geboul het nie?
Hy is uit die aanval onttrek om vir Hendricks terug te bring, wat toe vir 21 in sy derde beurt gepiets is.
Nadat Quinton de Kock die loot gewen en besluit het om te boul, het die Engelse kolwers behoorlik ingeklim.
Ben Stokes (47*, 30 balle, 4x4, 2x6), Jason Roy (40, 29 b, 3x4, 2x6) en Moeen Ali (39, 11 b, 3x4, 4x6) was verwoestend en het die raaisel al hoe meer laat verdiep hoekom Steyn nie daar was nie.
En nee, dit is nie dat hy beseer is nie. Hy het droëbek in die kleedkamer gesit.
Dit was soos om daardie blinkgepoetste sportmotor in die motorhuis te hê, terwyl jy om die hoek ry met ’n ou skedonk wat dan die gees gee.
Dis ’n feit dat hy die laaste ruk nie veel krieket gespeel het nie, maar dit is soveel meer raaiselagtig dat hy nie juis nou speelkans gekry het nie.
Engeland het die grenshoue laat reën en daar is 14 viere en 13 sesse geslaan in sy verwoede aanslag.
Engeland het die grenshoue laat reën en daar is 14 viere en 13 sesse geslaan in sy verwoede aanslag.
Die hoogste telling wat nog op Kingsmead aangeteken is om ’n internasionale T20-wedstryd te wen, is slegs 158. Die vyf kere wat die span wat eerste gekolf het meer as 160 gekry het, het hulle elke keer gewen.
Die beslissende stryd in hierdie rillerreeks is Sondag in Centurion.