Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland toer 1ste keer in 16 j. weer in Pakistan

Engeland sal vir die eerste keer in 16 jaar weer na Pakistan toer wanneer hy in Oktober aanstaande jaar in twee T20-krieketwedstryde daar in aksie sal wees.

Engeland se T20-krieketspan toer aanstaande jaar vir die eerste keer in 16 jaar weer in Pakistan. Foto: Getty Images

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het Woensdag bevestig die eendag-wêreldkampioen sal in Oktober ’n blitsbesoek aan Karatsji bring vir die twee kragmetings ter voorbereiding vir die T20-wêreldbekertoernooi, wat later daardie maand in Indië beslis word.

Spel op internasionale vlak keer terug na die terreurgeteisterde land, wat sedert 2009 in die krieketwildernis was na ’n terroriste-aanval op die Sri Lankaanse krieketspan se toerbus.

Ses polisielede en twee burgerlikes het in dié aanval omgekom.

“Dis die eerste keer sedert 2005 dat Engeland weer in Pakistan toer en dit verteenwoordig ’n beduidende oomblik vir albei krieketnasies,” het die ECB se uitvoerende hoof, Tom Harrison, Woensdag gesê.

“Soos altyd en in enige plek wêreldwyd die geval is, gaan die veiligheid en welstand van ons spelers eerste gestel word.

“Ons werk saam met die Pakistanse Krieketraad (PCB) om te verseker dat planne gereed is om juis dit te verseker.

“Dit gaan hier oor ’n veiligheidsnetwerk vir die toerspan, die voorgestelde reisprotokolle en natuurlik die situasie rondom die onvoorspelbare koronavirus-pandemie,” het Harrison bygevoeg.

Pakistan se tuiswedstyde – toetsreekse teen Sri Lanka en Bangladesj en ’n witbalreeks teen Zimbabwe – is sedert 2019 weer op tuisbodem aangebied. In die dekade voor dit is sy "tuiswedstryde" in Sjarjah, Dubai en Abu Dhabi beslis.

Die T20-wedstryde teen Engeland in Karatsji is vir 14 en 15 Oktober aanstaande jaar geskeduleer. – Reuters

Meer oor:  Pcb  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.