Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engeland verstewig sy greep

Suid-Afrika se eerste beurt is Sondag in die oggendskof op 183 lopies beëindig op die derde oggend van die vierde en laaste toets op die Wanderers in Johannesburg.

Quinton de Kock speel ’n kaphou in sy beurt van 76 op die Wanderers. Foto: Gallo Images

Die gee aan Engeland, wat 400 in sy eerste beurt behaal het, ’n beduidende voorsprong van 217 lopies.

Nadat die paaltjie van Vernon Philander (4) sommer al binne die eerste tien minute se spel verloor is, en Suid-Afrika verder in die moeras weggesak het op 93/7 in sy eerste beurt, het Quinton de Kock (76, 116 balle, 11x4) en Dwaine Pretorius (37, 73 b, 7x4) met ’n vennootskap van 79 lopies om die sewende paaltjie vasgeskop.

Dié twee is egter kort na mekaar uit net voor ete.

Toe Philander op halfweg gevang is deur Stuart Broad om aan Chris Woakes sy tweede paaltjie te besorg, wou dit voorkom asof die kaartehuis ineen sou tuimel.

De Kock en Pretorius het egter sterk gestaan en ’n produktiewe vennootskap saamgestel.

Die slae wat Engeland net voor ete geslaan het, het daardie goeie werk ongedaan gemaak.

Pretorius is uit toe hy in die glippe gevang is deur Zak Crawley en dit het die Engelse ondersteuners se stemme weer olie gegee. Die gejuig was selfs groter toe De Kock kort daarna die vierde slagoffer van Mark Wood geword het toe hy geboul is.

Wood het met 5/46 geëindig toe hy van die laaste kolwer, Dane Pasterson, ontslae geraak het.

Die verwagting is dat hoewel Engeland die opvolgbeurt kan afdwing, hulle sal besluit om self weer te kolf.

Meer oor:  Wanderers  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.