Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse blits loop Protea-stryde mis
Die jong Engelse snelbouler Pat Brown verlede jaar in Nieu-Seeland in aksie. Foto: Getty Images

Die jong Engelse snelbouler Pat Brown, wat Dale Steyn eers as huursoldaat by die Melbourne Stars sou vervang en dan volgende maand vir Engeland witbalkrieket teen die Proteas sou speel, is op die kantlyn gedwing deur ’n besering.

Brown het tydens sy voorbereiding vir die Big Bash-liga in Australië ’n stresfraktuur in sy lae rug opgedoen en sal die res van die Engelse winter rehabilitasie ondergaan.

Die 21-jarige Brown het in November sy T20-debuut teen Nieu-Seeland gemaak en sou eersdaags teen Suid-Afrika nóg ’n kans kry om ’n plek in Engeland se groep vir vanjaar se T20-Wêreldtoernooi oop te speel.

Die Engelse bestuur sal later ’n plaasvervanger vir hom aanwys.

Brown sal nou ook nie vir Stars kan diens doen in die tweede helfte van dié T20-liga in Australië nie. Hy sou die Protea-snelbouler Steyn, wat net vir die eerste helfte van die kompetisie beskikbaar was, vervang het. – TeamTalk

Meer oor:  Beseer  |  Melbourne Stars  |  T20  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.