Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse eindstryd-hoop nek omgedraai
Die Indiese wegbreekbouler Ravichandran Ashwin spog nou met 400 toetspaaltjies. Foto: Getty Images

Indië het Engeland se hoop om later vanjaar in die eindstryd van die eerste Toetswêreldkampioenskap te speel verydel toe hy dié span in minder as twee dae met tien paaltjies oorrompel het.

Die Indiese krieketspan het Engeland Donderdag in sy tweede beurt vir ’n skamele 81 lopies uitgeknikker en die wenteiken van 49 daarna in die agtste boulbeurt bereik sonder om ’n paaltjie prys te gee.

Vroeër in die dag het Engeland moedig teruggeveg deur Indië in sy eerste kolfbeurt tot 145 lopies en ’n voorsprong van net 33 te beperk, maar sy kolwers kon nie voortbou op dié momentum nie.

Ravichandran Ashwin (4/48), wat sy 400ste toetspaaltjie Donderdag platgetrek het, en Axar Patel (5/32) het die Engelse toeriste nogmaals dronkgedraai in dié middag-aand-toets in Ahmedabad.

Patel het altesaam 11 paaltjies in die toets laat kantel en Ashwin sewe.

Engeland moes dié reeks met 4-0, 3-0 of 3-1 gewen het om teen Nieu-Seeland in die eindstryd van die Toetskampioenskap te speel.

Indië moet minstens ’n onbesliste uitslag in die laaste van sy vier toetse teen Engeland afdwing om sy plek in die eindstryd te bespreek. Sou Engeland egter die laaste toets wen, glip Australië by die eindstryd se agterdeur in. – Sportredaksie

Meer oor:  Axar Patel  |  Ravichandran Ashwin  |  Engeland  |  Indië  |  Subkontinent  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.