Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse hou Anderson se kuit fyn dop
James Anderson stuur Dinsdag ’n aflewering vir Lancashire teen Durham af voordat hy die veld met ’n seer kuit verlaat het.Foto: Getty Images

Engeland het Dinsdag – vier weke voor die begin van vanjaar se reeks om die As – groot geskrik toe sy ervare naatbouler James Anderson die veld met ’n kuitbesering in ’n graafskapwedstryd verlaat het.

Anderson, wat aan die einde van die maand sy 37ste verjaardag sal vier, het die besering opgedoen toe hy vir Lancashire teen Durham in ’n meerdaagse wedstryd diens gedoen het.

Dit is ’n groot probleem vir die Engelse breintrust met die reeks teen Australië wat op 1 Augustus op Edgbaston in Birmingham begin.

Mark Chilton, Lancashire se hulpafrigter, glo egter nie dis ’n ernstige besering nie.

“Jimmy sit in die kleedkamer met ’n yspak op sy kuit, maar hy is in ’n goeie luim,” sê Chilton.

Alle boulers sukkel gereeld maar met ’n paar skete en ek is net bly dat Jimmy besluit het om van die veld te kom om behandeling te kry.
Mark Chilton

“Alle boulers sukkel gereeld maar met ’n paar skete en ek is net bly dat Jimmy besluit het om van die veld te kom om behandeling te kry, eerder as om aan te hou boul en ’n ernstige besering op te doen,” sê hy.

Chilton sê hy is heel in sy noppies met die manier wat Engeland sy ster bestuur.

“Sy werklas en die aantal balle wat hy boul, word streng beheer.”

England se kaptein, Joe Root.

Anderson is Engeland se grootste paaltjievraat tot nog toe met 575 slagoffers en hy hou die sleutel as Joe Root se span wil wraak neem vir die slae wat hulle 18 maande gelede Doer Onder gekry het. Die Aussies het daardie reeks met 4-0 gewen.

Anderson is al vir 16 jaar ’n steunpilaar in die Engelse boulaanval, maar daar word al meer gewonder hoe lank sy toetsloopbaan nog gaan duur.

Hy is 11 maande ouer as Dale Steyn en het al meer as 32 300 balle in toetskrieket geboul teenoor Steyn se 18 600.

Steyn loop die afgelope drie jaar pal onder beserings deur. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  James Anderson  |  Joe Root  |  Engeland  |  Australie  |  Krieket  |  Snelbouler  |  Graafskapkrieket  |  Reeks Om Die As
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.