Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse kolwers beland op As-hoop

Met die son wat Vrydag heeldag lekker op Headingley geskyn het, het al die kenners saamgestem: Vandag is ’n dag om te kolf.

David Warner gereed om een van sy vier vangkanse in Engeland se eerste beurt te neem. Foto: Getty Images

Australië is Donderdag vir net 179 uitgeboul in bewolkte en reënerige toestande waar die spreiligte heeldag gebruik is.

Engeland had dus ’n gulde geleentheid om beheer te neem oor die derde toets in die reeks om die As teen Australië in Leeds.

Australië se naatboulers het egter hul eie planne gehad. Josh Hazlewood (5/30) en Pat Cummins (3/23) het amper nie een swak aflewering afgestuur in die hele Engelse kolfbeurt nie en het meedoënlose druk op die Engelse kolwers gehandhaaf.

Engeland is vir net 67 uitgeboender. Dit is Engeland se laaste telling in ’n toets teen Australië sedert 1948. Joe Denly (12) was die enigste Engelse kolwer om dubbelsyfers te behaal.

Dit was ’n agterstand van 112 lopies op die eerste beurt. Australië het 171/6 in antwoord met die uitskeityd behaal.

Dit is ’n voorsprong van 283 lopies en die Aussies is nou in posisie om die As te behou hier op Headingley. Die besoekers is met 1-0 voor in die reeks en moet net seker maak dat hulle nie die reeks verloor nie om die As te behou. Indien hulle hier wen en ’n voorsprong van 2-0 neem met net twee toetse oor, is die As gewis op pad Australië toe.

Die Aussies het werklik met uitstekende boulwerk vorendag gekom. Engeland se beurt het met die aanvang van spel op die tweede dag begin en Jack Leach, die laaste Engelse kolwer, is 20 minute ná die middagete uitgeboul.

Die Aussie-blitse het ’n manjifieke lyn en lengte gehandhaaf en gereeld die buiterand van die Engelse kolwe getref. En waar die Aussies ’n hele reeks vangkanse in die eerste twee toetse verbrou het, het hulle Vrydag geen kanse laat val nie.

Een van die groot sondaars in die eerste twee toetse was die aanvangskolwer David Warner. Hy het Vrydag vier vangskote in die glippe benut, waarvan twee uit die boonste rakke was.

Toestande was steeds nie maklik in die Aussies se tweede kolfbeurt nie, maar die besoekers het met toewyding gekolf.

Marnus Labuschagne (53*) het net soos in die eerste beurt die Aussies se beurt bymekaar gehou.

Meer oor:  Pat Cummins  |  Krieket  |  Reeks Om Die As  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.