Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse krieket boikot nou óók sosiale media

Engelse krieket gaan hom by sokker aansluit en sy sosialemediarekeninge vir ’n naweek afskakel weens die volgehoue rassisme aanlyn teenoor beroepspelers in die land.

Die Engelse krieketster Jofra Archer is verlede jaar deur rassiste op sosiale media geteiken. Foto: Getty Images

Die Engelse Krieketraad (ECB), al 18 graafskapspanne, die agt vrouestreekspanne en die Beroepspelersvereniging (PCA) sal saam met die sokkergemeenskap hul sosialemediarekeninge van Vrydag 15:00 (16:00 Suid-Afrikaanse tyd) tot 23:59 op Maandag 3 Mei afskakel.

“Ons as ’n sport is verenig in ons toewyding tot die stryd teen rassisme en duld geen vorm van diskriminasie, wat deesdae algemeen op sosiale media voorkom, nie,” sê Tom Harrison, uitvoerende hoof van die ECB, in ’n verklaring.

“Sosiale media kan ’n baie positiewe rol in sport vertolk, sy gehoor vergroot en aanhangers met hul helde verbind op maniere wat nooit voorheen moontlik was nie. Maar spelers sowel as ondersteuners moet in staat wees om hierdie platforms te gebruik met die versekering dat hulle nie die risiko loop om deur walglike mishandeling geteister te word nie.”

Krieketspelers is nie immuun teen mishandeling nie. Die snelbouler Jofra Archer het verlede jaar rassistiese boodskappe op sosiale media ontvang nadat hy in die toetsreeks teen die Wes-Indiese Eilande die bioborrel-protokol oortree het.

Sy Engelse spanmaat Stuart Broad het vroeër vandeesmaand gesê spelers is bereid om standpunt in te neem teen rassisme aanlyn.

Die Britse Lawn Tennis Association (LTA) het hom ook geskaar agter die veldtog, wat daarop gemik is om sosialemediamaatskappye aan te moedig om meer te doen om die tendens van haat op hul platforms uit te roei.

“Britse en internasionale tennisspelers loop gereeld deur omdat hulle eenvoudig ’n wedstryd of selfs net ’n punt verloor het. Hierdie mishandeling word dikwels op vrouespelers gerig,” sê die LTA in ’n verklaring. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  T20  |  Toetskrieket  |  Sosiale Media  |  Twitter  |  Facebook  |  Eendagkrieket  |  Rassisme  |  Ecb  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.