Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse spot Aussies met skuurpapier

Darren Lehmann, voormalige afrigter van Australië, is ontsteld nadat skuurpapier aan toeskouers uitgedeel is in die eerste eendagwedstryd tussen Australië en Engeland op The Oval.

’n Engelse ondersteuner waai ’n stuk skuurpapier op The Oval. Foto: Reuters

Die besoekers is Woensdag met drie paaltjies geklop.

“Jy is beter as dit?” sê Lehmann op Twitter aan die Britse joernalis Alison Mitchell nadat sy ’n foto van skuurpapier met die nommers “4” en “6” daarop getwiet het. Dit is aan toeskouers by die stadion uitgedeel om grenshoue aan te dui.

ABCSport berig die stukkies “Australiese balpeuter-gehalte-skuurpapier” was deel van ’n advertensieveldtog en daar is glo later 5 000 by die stadion gekonfiskeer.

Dit is die Aussies se eerste reeks sedert die balpeuterskandaal in Suid-Afrika en die verlies van Steve Smith, David Warner en Cameron Bancroft weens skorsings was duidelik sigbaar in die nederlaag.

Die besoekers is in 47 beurte vir 214 uitgeboul, met die draaiers Moeen Ali en Adil Rashid wat tussen hulle vyf paaltjies laat kantel het.

Engeland (218/7) het die wenteiken verbygesteek met ses beurte oor.

Die tweede kragmeting in die reeks van vyf wedstryde word Saterdag in Cardiff beslis.

Telkaart.

– Sportredaksie

Meer oor:  Skuurpapier  |  The Oval  |  Darren Lehmann  |  Eendagkrieket  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.