SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse slyp tande vir SA in Nieu-Seeland

Faf du Plessis en Enoch Nkwe gaan Engeland se twee toetse in Nieu-Seeland in die volgende paar weke noukeurig dophou.

Dié reeks dien as ideale voorbereiding vir Joe Root en sy makkers voor die toetsreeks in Suid-Afrika, wat op 26 Desember met die “Kerstoets” in Centurion begin.

Engeland se blitsbouler Jofra Archer slyp oefen in die nette in Mount Maunganui voor die eerste toets teen Nieu-Seeland wat Donderdag begin. Foto: Reuters

Terwyl die Suid-Afrikaners tans met T20-krieket in die Mzansi-superliga besig is, sal Engeland se toetsspan waardevolle oefening teen die Swart Pette kry.

Die eerste toets begin Donderdagoggend (middernag, SA tyd) in Mount Maunganui.

Engeland beskou dié toetsreeks as die begin van ’n jaar lange veldtog om die As te herwin wanneer hy Australië in die volgende Australiese somer (2020-’21-seisoen) Doer Onder die stryd aansê.

Australië het die louere in die reeks om die As vroeër vanjaar in Engeland gedeel en dus die As behou, omdat hy in die vorige reeks, tuis, aan die wenkant was.

Engeland het ook die aggressiewe benadering van sy voormalige afrigter, Trevor Bayliss, laat vaar en gaan onder die leiding van Chris Silverwood meer konserwatiewe toetskrieket speel.

“Ons moet probeer om meer tyd voor die paaltjies deur te bring,” het Engeland se kaptein, Root, vandeesweek volgens Reuters gesê. “Dit maak nie saak hoe lank dit neem om ’n goeie telling te kry nie.

“Dit sal aangenaam wees om daaraan gewoond te raak om meer gereeld 120 boulbeurte lank te kolf.

Ons moet probeer om meer tyd voor die paaltjies deur te bring.
Joe Root

“En dit gaan nie net oor die kolfwerk nie. Ons moet in alle fasette leer om meer druk op die teenstander te laai,” meen Root.

“Engeland het ook die besluit geneem om meer op jong spelers staat te maak en sewe van die 15 spelers in die groep in Nieu-Seeland is jonger as 25.

Vier van dié sewe – Ollie Pope, Sam Curran, Dominic Sibley en Jofra Archer – gaan straks die beginspan in Mount Maunganui haal.

Root is terug op sy gunsteling-plek in die kolflys, nr. 4, met Sibley wat die beurt saam met Rory Burns sal begin.

Engeland se boulaanval sal in die afwesigheid van James Anderson en Mark Wood minder skietgoed hê.

Dit beteken dat Root swaar gaan leun op die nuwe ster van Engelse krieket, die blits Jofra Archer. Hy was by tye onspeelbaar in die reeks om die As teen die Aussies, maar ’n mens het die gevoel gekry dat Root hom te veel laat boul het en dat hy algaande sy venyn ingeboet het.

Nieu-Seeland gaan nie maklike teenstand wees nie en is tans tweede op die Internasionale Krieketraad se toetsranglys.

Die tuisspan se kolflys het ’n reuse-hupstoot gekry met die terugkeer van sy kaptein, Kane Williamson. Hy het van ’n heupbesering herstel. Die eerste toets sal Williamson se eerste op sy tuisveld wees.

Williamson het wel erken dat hy nog nie heeltemal fiks is nie.

“Ek is nog beperk in wat ek (fisiek) kan doen, maar dit behoort nie ’n probleem te wees nie” sê Williamson. 

– Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Jofra Archer  |  Proteas  |  Faf Du Plessis  |  Enoch Nkwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.