Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse sonder Archer-gifpyle in koker
Jofra Archer verlaat die veld met ’n seer elmboog in ’n graafskapwedstryd vir Sussex teen Kent verlede week. Engeland sal nou sonder Archer se giftige kartetse oor die weg moet kom teen Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Engeland se krieketspan sal die gedugte Nieu-Seelanders sonder een van sy groot aanvalswapens moet aandurf wanneer dié twee nasies volgende maand in ’n reeks van twee toetse gaan kragte meet.

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) het Sondagaand aangekondig dat die snelbouler Jofra Archer weens ’n elmboog-besering nie beskikbaar sal wees vir die reeks nie.

Die 26-jarige Archer moes in Maart ’n operasie ondergaan om ’n klein glasskerf uit ’n sening in sy regterhand te verwyder ná ’n fratsongeluk toe hy sy vistenk tuis skoongemaak het. Ten tyde van dié voorval het hy reeds langtermyn-behandeling ontvang vir ’n seer elmboog.

Archer het verlede week sy terugkeer vir sy graafskapspan, Sussex, in ’n wedstryd teen Kent gemaak, maar dit was van korte duur. Hy het slegs vyf boulbeurte afgestuur toe die pyn in sy regter-elmboog weer opgevlam het.

Volgens die ECB sal Engeland en Sussex se mediese spanne nou koppe bymekaarsit oor watter roete met Archer se behandeling gevolg moet word.

Die eerste toets teen Nieu-Seeland begin op 2 Junie op Lord’s en die tweede toets word op 10 Junie in Birmingham beslis. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Jofra Archer  |  Nieu-Seeland  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.