Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse span kodes in om Proteas te klop

Engeland “eksperimenteer” met ’n sisteem van gekodeerde inligting wat die span se analis, Nathan Leamon, gedurende spel aan die toeriste se kaptein, Eoin Morgan, kommunikeer.

Eoin Morgan (regs), Engeland se kaptein, saam met Jos Buttler. Foto: Getty Images

Die Engelse beskryf dit as ’n “regstreekse inligtingsbron”, berig BBCSport. Engeland het die Proteas Dinsdagaand in Kaapstad met 9 paaltjies afgeransel om die T20-reeks met 3-0 te wen.

“Dit help ’n bietjie, voorstelle en watter tweestryde aan die gang is,” sê die paaltjiewagter-kolwer en die span se onderkaptein, Jos Buttler.

Die inligting is vanaf die kleedkamer in die vorm van ’n letter en ’n nommer gekommunikeer, byvoorbeeld “C3”.

“Eoin en Nathan werk noukeurig saam aan analise. Ons eksperimenteer net so bietjie op die oomblik,” sê Buttler, wat ’n onoorwonne 67 aangeteken het. Hy het saam met Dawid Malan (99 nie uit nie) gedy terwyl Engeland die wenteiken van 192 vir die verlies van slegs een paaltjie en 14 balle oor behaal het.

“Eoin is een van die beste kapteins in die wêreld, ’n fantastiese, instinktiewe kaptein en daar is ’n goeie balans teenwoordig.”

Engeland is danksy Dinsdagaand se skoonskip-reeksoorwinning terug boaan die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys vir T20-spanne.

’n Woordvoerder vir die Engelse span sê die nommers en letters is bedoel om ’n “regstreekse inligtingsbron te wees wat die kaptein kan gebruik of ignoreer soos hy goeddink. Dit is nie bevele of instruksies nie en alle besluitnemings word op die veld gedoen.”

Engeland het die kommunikasie vooraf met beamptes bespreek en dit is goedgekeur.

Die Proteas het by die Wêreldbekertoernooi in 1999 oorfone ingespan waarmee die Suid-Afrikaanse afrigter, Bob Woolmer, tydens ’n wedstryd teen Indië regstreeks met die kaptein, Hansie Cronje, en die snelbouler Allan Donald op die veld gekommunikeer het.

Alle tipe elektroniese kommunikasie is sedertdien deur die IKR verban, maar Engeland se sisteem van kodes oortree nie enige reëls nie.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Eoin Morgan  |  Jos Buttler  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.