Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse span lok De Kock, Conway
Quinton de Kock Foto: Getty Images

Die Southern Brave het ’n groot slag geslaan deur die dienste van twee kookwater-kolwers in wêreldkrieket, Quinton de Kock en Devon Conway, vir The Hundred-reeks in Engeland te bekom.

Dié twee voormalige Johannesburgers is as plaasvervangers ingesluit vir Australië se Marcus Stoinis en David Warner, wat hulle aan die kompetisie onttrek het.

Mahela Jayawardena, afrigter van die span van Southampton, het voorheen by die Mumbai Indians in die Indiese Premierliga saam met De Kock gewerk.

Conway, deesdae van Nieu-Seeland, sien uit daarna om voort te bou op sy goeie kolfvertonings in Engeland. Hy het in sy toetsbuiging vir Nieu-Seeland op Lord’s teen Engeland ’n dubbele honderdtal aangeteken en ’n vyftigtal vir die Kiwi’s in hul eerste beurt in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen Indië in Southampton.

De Kock was op sy beurt die Proteas se beste kolwer in hul afgelope reeksoorwinning oor die Wes-Indiese Eilande.

The Hundred, ’n nuwe kompetisie waarin die spanne 100 aflewerings elk ontvang, word van 21 Julie tot 21 Augustus gehou.

Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada is vroeër deur die Kiwi-bouler Lockie Ferguson vervang by die Manchester Originals. – Sportredaksie, thehundred.com.

Meer oor:  The Hundred  |  Quinton De Kock  |  Krieket  |  Devon Conway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.