Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse versuur Aussies se dag in Londen

Steve Waugh se span van 2001 is steeds die laaste Australiese krieketspan wat ’n toetsreeks in Engeland kon wen.

Engeland se Joe Root (links) en Jack Leach vir Australië se laaste paaltjie. Foto: Reuters

Die Engelse het Sondag op die Oval  in Londen die vyfde kriekettoets in die reeks om die As met 135 lopies gewen om die reeks met 2-2 gelykop te laat eindig.

Australië is die teiken gestel om 399 lopies in net minder as twee dae vir ’n oorwinning aan te teken, maar is in net minder as ’n dag vir 263 uitgehaal.

Engeland het nie net sy tweede sege in die reeks beklink nie, maar het uiteindelik vir Steve Smith uitgekry vir minder as 50 lopies.

Die voormalige kaptein was een van Stuart Broad se vier (4/62) slagoffers nadat hy op byglip vir net 23 lopies gevang is.

Sy vorige laagste telling in die reeks was 80 lopies wat hy in die eerste beurt van dié toets aangeteken het.

Dit was ’n verstommende reeks vir Smith waarin hy 774 lopies teen ’n gemiddeld van 110,57 aangeteken het. Hy was beslis die verskil tussen die twee spanne en die rede waarom die As in Australië se hande bly.

Die twee groot uitblinkers op dag vier was Broad vir Engeland met die bal en Matthew Wade vir die Aussies met die kolf.

Broad was regdeur die reeks uitstekend en het die beseerde James Anderson se stewels volgestaan om die aanval te lei.

Hy het David Warner ’n sewende keer in die reeks uitgehaal en dié aanvangskolwer het geen antwoorde gehad wanneer Broad om die paaltjie geboul het nie. Warner het slegs 95 lopies in sy 10 beurte in die reeks aangeteken.

Wade het sy tweede honderdtal van die reeks behaal en sy 117 (166 balle; 17x4, 1x6) het die Aussies se hoop aan die lewe gehou. Hy het ’n blitsige sarsie van meer as 8 boulbeurte van Jofra Archer oorleef, maar toe hy uit is, was die Aussies se doppie geklink.

Meer oor:  Krieket  |  Londen  |  Reeks Om Die As  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.