Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse wil nie sonder gesinne toer

Die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) onderhandel met sy manspan omdat sommige spelers dit oorweeg om hulle aan die reeks om die As te onttrek indien hul gesinne nie toegelaat word om saam na Australië te reis nie.

Die reeks om die As kan sy glans verloor indien Engeland se beste span nie na Australië reis nie. Foto: Getty Images

BBCSport berig die ECB en die Engelse Spelersvereniging (PCA) vergader vandeesweek.

Australië het van die strengste Covid-19-regulasies ter wêreld. Die toer word bemoeilik deur sommige dele van dié land wat ingeperk word, terwyl die vyf toetse in vyf verskillende state beslis word, elkeen met sy eie maatreëls.

Die Engelse spelers wat deelneem in die T20-Wêreldtoernooi en die reeks om die As is ontevrede met die vooruitsig om vir vier maande weg van die huis af te wees.

Die eerste toets in Brisbane begin op 8 Desember, maar spelers wat ook meeding in die T20-Wêreldtoernooi – wat in Oktober begin – is veronderstel om Brittanje reeds op 19 September te verlaat.

Hulle sal dan waarskynlik eers ná die einde van die toets in Perth op 18 Januarie huiswaarts keer.

In die verlede het die Engelse spelers se gesinne hulle op As-toere vergesel, met die reeks wat oor Kersfees en Nuwejaar beslis word.

Daar is kommer onder veral spelers met jong gesinne om vir so lank weg van die huis af te wees. – Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Reeks Om Die As  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.