Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelse wil die res van die IPL aanbied

’n Groep graafskappe het aan die Engelse en Walliese Krieketraad (ECB) geskryf oor die moontlikheid om die res van die Indiese Premierliga (IPL) aan te bied.

Die IPL is Dinsdag tydelik opgeskort weens die Covid-19-krisis in Indië. Foto: Getty Images

Dié lonende T20-toernooi is Dinsdag tydelik opgeskort weens die Covid-19-krisis in Indië en verskeie spelers wat positief getoets is vir die koronavirus.

Daar is geen aanduiding dat die Indiese Krieketraad (BCCI) op soek is na ’n nuwe gasheer nie, maar volgens CricInfo stel Warwickshire, Surrey en die Marylebone-krieketklub (Lord’s) daarin belang om as gashere op te tree.

’n Woordvoerder vir die ECB sê: “Ons gesels gereeld met die BCCI oor toere en ander kwessies en sal voortgaan om dit te doen, maar ons het geen aanduiding ontvang dat hulle tans op soek is na alternatiewe gashere vir die IPL nie.”

Waar ook al die oorblywende 31 kragmetings beslis word, enige poging om dit te herskeduleer, sal bemoeilik word deur ’n besige internasionale skedule.

– Sportredaksie

Meer oor:  Indiese Premierliga  |  T20  |  Bcci  |  Ecb  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.