Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelsman moet Sri Lanka help regruk
Jonathan Lewis.Foto: Getty Images

Jonathan Lewis is Donderdag aangewys as Sri Lanka se nuwe kolfafrigter, met dié voormalige Engelse speler se hooftaak om die span gereed te kry vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi.

Sy aanstelling deur Krieket Sri Lanka kom vier dae nadat Australië se Steve Rixon as veldwerk-afrigter aangestel is.

Lewis (43) was hoofafrigter van Durham se graafskapspan voordat hy die pos aanvaar het.

Hy het in 13 eendagwedstryde en een toets – laasgenoemde teen Sri Lanka in 2006 – gespeel.

Lewis sluit hom later vandeesmaand by Rixon (64) aan vir Sri Lanka se toer na Nieu-Seeland, wat twee toetse, drie eendagwedstryde en een T20-wedstryd insluit.

Hulle speel ook in twee toetse teen Australië vanaf 24 Januarie.

Krieket Sri Lanka se uitvoerende hoof, Ashley de Silva, sê Lewis én Rixon sal die nasionale span tot aan die einde van die Wêreldbeker-toernooi in Julie 2019 afrig.

Krieket Sri Lanka se uitvoerende hoof, Ashley de Silva, sê Lewis én Rixon sal die nasionale span tot aan die einde van die Wêreldbeker-toernooi in Julie 2019 afrig.

Sri Lanka sukkel die laaste tyd en het tuis die eendag- en toetsreeks teen Engeland verloor én het ook verskeie krisisse van die veld af beleef.

Die boulafrigter Nuwan Zoysa is in Oktober deur die Internasionale Krieketraad geskors ná hy van wedstrydknoeiery en ander “korrupte gedrag” aangekla is.

Vroeër daardie maand is die voormalige sameroeper van die keurkomitee, Sanath Jayasuriya, aangekla dat hy versuim het om sy samewerking te gee met ’n ondersoek na wedstrydknoeiery en dat hy inligting weerhou het.

Die land het onlangs sy buurman Indië se hulp gevra om te help dat hulle wette instel om knoeiery hok te slaan. – Sportredaksie

Meer oor:  Sri Lanka  |  Krieket  |  Afrigter  |  Wereldbeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.