Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Essex-spelers spuit bier op Moslem
Feroze Khushi van Essex. Foto: Getty Images

Die Engelse graafskapkrieketspan Essex het beloof om sy spelers se bewustheid van kulturele verskille op te skerp nadat ’n Moslem-speler met alkohol gespuit is terwyl die span sy oorwinning in die eindstryd van die Bob Willis-reeks op Lord’s se beroemde balkon gevier het.

Feroze Khushi, wat die twaalfde man was in Essex se eindstryd teen Somerset, se gesig het Sondag in afgryse vertrek toe een van sy spanmaats bier oor sy kop uitgestort het ter viering van hul meerdagtitel.

“Essex is trots op sy werk binne diverse gemeenskappe in die graafskap en omliggende gebiede,” sê Essex in ’n verklaring.

“Vir ’n geruime tyd het Essex nou al ’n diverse span met spelers uit verskillende agtergronde, en van verskillende gelowe en rasse.

“Die klub het uiters hard daaraan gewerk om krieket vir almal toeganklik te maak en om opleiding oor diversiteit te gee, maar verdere werk moet gedoen word om mense se kennis oor kultuurverskille te verbreed.”

Essex, vir wie die Protea-draaier Simon Harmer speel, het die eerste Bob Willis-trofee gewen. Hoewel die eindstryd onbeslis geëindig het, is Essex vanweë sy eerstebeurt-voorsprong van 36 lopies as die kampioen gekroon. – Reuters

Meer oor:  Graafskap  |  Essex  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.