Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf beter as dít – Herschelle Gibbs

Faf du Plessis is ’n beter speler as sy onlangse vertonings, maar nog ’n teleurstellende telling kan die druk teen hom laat oplaai.

Herschelle Gibbs / Foto: Gallo Images

Dit is kortliks die mening van die voormalige Protea-kolwer Hershelle Gibbs oor die ongewone lopiedroogte waarin die Suid-Afrikaanse krieketkaptein hom bevind.

Die 35-jarige Du Plessis se 29 in die eerste toets teen Engeland was sy hoogste in sy laaste sewe toetsbeurte.

Hy sal die derde toets vandeesweek nietemin met ’n mate van vertroue tegemoet stap wetende hy het ’n baie goeie vertoningslys in Port Elizabeth waar hy twee van sy nege toetshonderdtalle aangeteken het.

“Ek is seker Faf voel so ’n bietjie druk. Met sosiale media deesdae en net die media oor die algemeen, kan jy nie daarvan ontsnap nie,” sê Gibbs.

Hy sê hy is ook seker Faf sal erken dat hy onder druk is.

“Dis ook ’n delikate tyd in sy loopbaan, ek is seker daar is ’n paar besluite waaraan hy dink.

“Hy sal uiteraard uit die kolfgroef wil kom, hy is voorste kolwer in die topses, -sewe. Hy sal daardeur moet kom.

“Ek is seker nog ’n lae telling kan hom dalk in ’n posisie plaas waarin hy uiteraard sy kapteinskap kan verloor.

“Daar is niks tegnies wat hy anders doen as in die verlede nie, dalk is daar baie dinge in sy kop waarmee hy vrede moet maak.

“Hy is in elk geval ’n beter speler as sy spel van die laaste ruk,” sê Gibbs wat soos Du Plessis ook ’n kolfgemiddeld van meer as 40 in sy 90 toetse gehad het.

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Plessis  |  Toetskrieket  |  Faf Du  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.