Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf, David onttrek aan T20-liga
Dawid Malan Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Faf du Plessis en David Miller sowel as Engeland se Dawid Malan is weens die komende witbalreekse tussen dié lande in die Kaap nie meer beskikbaar om in die Lanka Premierliga (LPL) te gaan speel nie.

Sri Lanka se T20-liga vind van 21 November tot 13 Desember plaas.

Engeland se kort toer in Suid-Afrika begin egter op 27 November op Nuweland met die eerste van drie T20-wedstryde.

Die spanne gaan ook in drie eendagwedstryde kragte meet.

Die Paarl, waar Malan grootgeword het, is ook gasheer vir van die wedstryde.

Die drie spelers was almal “ikoon-spelers” in die LPL.

Volgens ESPNcricinfo.com het die veelsydige Andre Russell van die Wes-Indiese Eilande hom ook weens ’n besering aan die liga onttrek. Weens ’n kniebesering was hy sedert 18 Oktober nog nie weer vir die Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga in aksie nie. Dié toernooi word tans in die Verenigde Arabiese Emirate beslis. – Sportredaksie

Meer oor:  David Miller  |  Engeland  |  Sri Lanka  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Onttrek  |  T20-Reeks  |  Proteas  |  Lpl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.