Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf du Plessis kaptein van Wêreldspan
Faf du Plessis Foto: Reuters

Die Proteas se Faf du Plessis is aangewys as kaptein van die Wêreld-elftal wat ’n Asiese XI in Maart in Dhaka, Bangladesj, in ’n T20-reeks die stryd gaan aansê.

Die Protea-aanvangsbouler Lungi Ngidi is die enigste ander Suid-Afrikaner in die Wêreldspan.

Die twee wedstryde word op 21 en 22 Maart beslis.

Indië se Virat Kohli en KL Rahul is dalk vir net een van die wedstryde vir die Asiese span beskikbaar volgens esnpcricinfo.com. Kohli se werklas sal in ag geneem word. Indië se toetsreeks in Nieu-Seeland eindig op 4 Maart.

Sy eendagreeks teen Suid-Afrika word van 12 tot 18 Maart beslis, terwyl die Indiese Premierliga op 29 Maart begin. – Sportredaksie

Die spanne is:

Wêreld XI: Alex Hales, Chris Gayle, Faf du Plessis (k), Nicholas Pooran, Brendan Taylor, Jonny Bairstow, Kieron Pollard, Adil Rashid, Sheldon Cottrell, Lungi Ngidi, Andrew Tye, Mitchell McClenaghan.

Asië XI: KL Rahul, Shikhar Dhawan, Virat Kohli (moet nog bevestig), Rishabh Pant, Kuldeep Yadav, Mohammad Shami, Thisara Perera, Lasith Malinga, Rashid Khan, Mujeeb Ur Rahman, Mustafizur Rahman, Tamim Iqbal, Mushfiqur Rahim, Liton Das, Sandeep Lamichhane. 

Meer oor:  Virat Kohli  |  Faf Du Plessis  |  Bangladesj  |  Dhaka  |  Krieket  |  T20-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.