Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Faf ly aan ligte geheueverlies

Faf du Plessis sê hy het ligte geheueverlies nadat hy Saterdag in ’n wedstryd in die Pakistanse Superliga (PSL) in Abu Dhabi harsingskudding opgedoen het.

Faf du Plessis vroeër vanjaar in die Indiese Premierliga. Foto: IPL

Du Plessis (36) het in ’n spanmaat van die Quetta Gladiators, Mohammad Hasnain, vasgehardloop toe hulle in die nederlaag met 61 lopies teen Peshawar Zalmi probeer het om ’n grenshou te keer.

Die gewese Protea-kaptein het ná die botsing uitgestrek op die veld gelê terwyl die Gladiators se fisioterapeut hom ondersoek het. Hy het daarna opgestaan en is na ’n hospitaal geneem.

“Dankie, almal, vir al die boodskappe van ondersteuning,” het hy Sondag getwiet.

“Ek is terug by die hotel en besig om te herstel. Ek het harsingskudding met ’n bietjie geheueverlies, maar ek sal oukei wees. Hopelik gou terug op die veld.”

Die aanvangskolwer Saim Ayub het Du Plessis se plek vir die res van die wedstryd ingeneem.

Die Gladiators moes in hul vorige wedstryd ook van ’n harsingskudding-plaasvervanger gebruik maak nadat ’n veelsydige speler van die Wes-Indiese Eilande, Andre Russell, in die kragmeting met Islamabad United deur Mohammad Musa teen die kopskerm getref is.

Die fisioterapeut het Russell ondersoek en hy kon verder kolf, maar hy was met die volgende aflewering uit. Hy is hospitaal toe geneem en Naseem Shah het as sy plaasvervanger gespeel.

Russell is in die Windies se groep vir hul reeks van vyf T20-wedstryde teen die Proteas, wat later vandeesmaand in die Karibiese Eilande begin.

Du Plessis is nie lid van die Protea-groep nie, maar die kans bestaan dat hy wel nog vir die T20-reeks opgeroep kan word. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Harsingskudding  |  T20  |  Proteas  |  Kopbesering  |  Faf Du Plessis  |  Psl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.