Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf: Proteas moet by Bokke aanklop

Suid-Afrikaanse krieket kan beslis by Suid-Afrikaanse rugby kers opsteek oor hoe om weer sy skip op koers te kry.

Dít is die mening van die Proteas se kaptein, Faf du Plessis.

Du Plessis het Woensdag by ’n geselligheid van sy Mzansi-superligaspan, die Paarl Rocks, gesê dat die Springbokke se sukses by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan alle sport in Suid-Afrika ’n hupstoot sal gee.

Faf du Plessis, kaptein van die Paarl Rocks, praat Woensdag met die media. Foto: Gallo Images

“Dit was wonderlik om te sien. Ek kyk nie baie plaaslike rugby in Suid-Afrika nie, maar dit was wonderlik om die span te sien. Selfs net om te kyk hoe hulle die volkslied sing, was inspirerend,” sê Du Plessis.

Die Protea-leier sê as in ag geneem word waar Springbok-rugby was twee jaar gelede was en dat hy nou die Wêreldbeker-toernooi gewen het, wys wat moontlik is.

“Ek glo beslis dat krieket by rugby kan leer. Hulle het een of twee moeilike besluite geneem en ’n paar dinge verander en kyk waar is hulle nou.

“Ons, in krieket, gaan ook deur ’n moeilike tyd en ek glo dat een of twee veranderinge sake gou kan regstel. Dié veranderinge moet egter gemaak word,” het Du Plessis bygevoeg.

Hy wou nie uitwei oor wát die veranderinge behoort te wees nie, maar sê dit gaan nie genoeg wees om bloot talentvolle spelers op te lewer nie.

Ek glo beslis dat krieket by rugby kan leer. Hulle het een of twee moeilike besluite geneem en ’n paar dinge verander en kyk waar is hulle nou.

Du Plessis het gepraat by die bekendstelling van die Paarl Rocks se seisoen in vanjaar se Mzansi-superliga (MSL). Die span van die Paarl het verlede seisoen in die uitspeelwedstryd teen die uiteindelike kampioen, die Jozi Stars, verloor. Du Plessis glo egter hulle het vanjaar ’n meer gebalanseerde span en sal beter rekenskap van hulself gee.

“Die ander spanne lyk ook beter en ek verwag krieket van ’n beter gehalte as verlede seisoen,” meen Du Plessis.

PAARL, SOUTH AFRICA - NOVEMBER 06: JP Duminy durin
JP Duminy. Foto: Gallo Images

Die kaptein was ook in sy noppies om sy gewese Protea-makker JP Duminy by die Rocks te verwelkom. Duminy het verlede seisoen met ’n besering misgeloop, maar Du Plessis glo sy ervaring op en van die veld sal van groot waarde vir die Paarl-span wees.

“Hy is Suid-Afrika se mees ervare T20-speler en is ’n reuse-aanwins.”

Die Rocks speel Sondag (om 10:00) hul eerste wedstryd teen hul buurman, die Cape Town Blitz, op Bolandpark in die Paarl.

Die toernooi begin Vrydagaand in Johannesburg in ’n herhaling van verlede jaar se eindstryd tussen die Stars en die Blitz.

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Paarl Rocks  |  Msl  |  Faf Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.