Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf sê hy en sy vrou is met die dood gedreig

Faf du Plessis, voormalige kaptein van die Proteas, sê hy en sy vrou het doodsdreigemente ontvang ná Suid-Afrika se omstrede nederlaag teen Nieu-Seeland in hul kwarteindstryd van die Wêreldbekertoernooi in 2011.

Die Kiwi’s spot Faf du Plessis vir sy rol in die paaltjie van AB de Villiers op die Wêreldbekertoernooi in 2011. Foto: Getty Images

Die Proteas het destyds in Mirpur, Bangladesj, ’n wenteiken van 222 gejaag om die halfeindronde te haal, maar is uitgeboul vir 172 in 43.2 beurte.

Du Plessis, in slegs sy tiende eendagwedstryd vir Suid-Afrika, het hom by AB de Villiers in die middel aangesluit met die Proteas se telling op 121/4 en op koers vir ’n oorwinning. Maar daar was verwarring tussen De Villiers en Du Plessis en eersgenoemde is vir 35 uitgehardloop, wat die begin van die span se kolfineenstorting ingelui het.

Du Plessis sê in ’n profielonderhoud met die gesaghebbende ESPNcricinfo dat sommige stoere Protea-ondersteuners hom vir die nederlaag geblameer het.

“Ek het ná daardie wedstryd doodsdreigemente ontvang,” sê hy.

Faf du Plessis en sy vrou, Imari, in 2016. Foto: Gallo Images

“My vrou (Imari Visser) het doodsdreigemente ontvang. Ons het op sosiale media gekyk en ons was verstom. Dinge het baie persoonlik geraak.

“Daar is ’n klomp uiters aanstootlike dinge gesê wat ek nie sal herhaal nie. Dit maak jou sku vir mense en jy bou ’n muur.

“Alle spelers gaan daardeur en dit dwing ons om ons sirkels baie klein te hou. Dit is hoekom ek so hard gewerk het om ’n veilige ruimte binne ons spanverband te skep.”

Du Plessis het 36 aangeteken en die Proteas het hul laaste agt paaltjies vir 64 verloor.

Die Swartpette het Du Plessis gespot vir sy rol in De Villiers se paaltjie. Du Plessis was nie beïndruk nie en het die 12de man, Kyle Mills, gestamp toe hy kort ná De Villiers se vertrek koeldrank op die veld gedra het.

Die draaibouler Daniel Vettori, Mills en Du Plessis is almal vir die voorval beboet voordat die Kiwi’s in die halfeindronde deur Sri Lanka geklop is. – Sportredaksie

Meer oor:  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Faf Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.