Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf: ‘Stelsel nie volmaak, maar talent is hier’

In die eendagreeks teen Australië het Faf du Plessis iets beleef wat hy graag ’n seisoen of twee vantevore sou wou sien.

’n Bloedjong Protea-span het ’n ervare Aussie-eenheid met 3-0 geklop en verskeie jong en onervare spelers, soos Janneman Malan en Kyle Verreynne, het hul kanse aangegryp.

Faf du Plessis is bly oor al die groentjies wat na vore getree het in die eendagreeks teen Australië. Foto: Gallo Images

Du Plessis sê sulke vertonings wys dat hoewel Suid-Afrika sy krieketstelsels moet opknap, die talent nog hier is.

“Dit was goed om te sien hoe die ouens teen Australië vertoon het, dit was ’n tree in die regte rigting. Dit het gewys ons het spelers van gehalte,” sê Du Plessis.

“Ja, ons het nie ’n volmaakte stelsel nie, maar ons het talent in Suid-Afrika. Nou moet ons seker maak ons gebruik die talent so goed as wat ons kan en dat ons ons spelers behou en nie talentvolle spelers aan oorsese spanne afstaan nie. Ons wil ons beste spelers hier hou.”

Voor 2019 se Wêreldbeker-toernooi, het Suid-Afrika die net ook wyd gespan en aan soveel as moontlik spelers kanse probeer gee. Toe was Rassie van der Dussen omtrent die enigste kolwer wat sy kans heeltemal kon aangryp.

“Ek was deel van die vorige seisoen waar Ottis (Gibson) ’n soortgelyke plan gehad het. Sy plan was om na soveel as moontlik spelers te kyk, veral omdat hy van buite af ingekom het.”

Janneman Malan is een van die jong kolwers wat teen Australië uitgetroon het. Foto: Gallo Images

Anders as toe, het Mark Boucher, Gibson se opvolger as Protea-afrigter, nou ’n goeie idee van spelers wat hom goed in die toekoms kan dien.

Du Plessis het nie in die eendagreeks teen Australië gespeel nie. Hy het ’n blaaskans gekry om gereed te wees vir die toer na Indië, wat weens die Covid-19-krisis kortgeknip is.

Ná ’n bedrywige 2019 het Du Plessis nou baie tyd gehad om uit te rus en is hy weer kriekethonger om Suid-Afrika in al drie formate te dien.

“Dit is bemoedigend om te sien hoeveel ek dit mis om te speel,” sê die voormalige Protea-kaptein.

Hy erken wel die inperking bied unieke uitdagings aan sportmense, veral wat oefening betref. Du Plessis sê die oorweldigende emosie wat hy ervaar, is dankbaarheid. Hy en sy vrou, Imari (wat swanger is met hul tweede dogter), het ook ’n groot behoefte ontwikkel om minderbevoorregtes te help. Hulle doen dit deur geld in te samel vir kospakkies vir ’n arm gemeenskap in die Kaap.

Hy en die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is goeie vriende en wil graag verder ook help en saam in arm gemeenskappe werk om die nood te verlig.

View this post on Instagram

#Repost @imagesbyimari with @make_repost ··· Inexplicable gratitude is running down my face. My tears are all I have in this moment. A week ago we felt a calling to help by doing more than making a donation. We shared a video that broke our hearts. I prayed for someone to be sent out way to help on that day. Just an hour later @fafdup got a message from a wonderful man we know. He lives in the centre of all the riots we shared on our stories. Rioting interrupted their community effort to provide 172 people with hot meals and it wasn’t possible to continue. We really didn’t know where to begin to help, but we asked and then the floodgates started opening. In 24 hours we raised R17200 to feed those families. We were elated at this victory. But in the days that followed we faced another silent battle to responsibly carry the goodness donated to those in need of an urgent breakthrough. Logistics. Our wholesalers were inundated and food stock outages were an issue. To multiply the seed in our hands by finding the best price and value, whilst abiding by our President’s urge to be responsible was a challenge. After struggling to find the solution for days, the right person walked into our lives and sourced everything we needed. A story started by an Instagram post, funded by individuals around the world, moved into action with the help of @hopeworldwidesouthafrica and @makro_sa and collected by our contact in the community will reach the homes of families waiting for comfort this evening. If I had to summarize this experience in one word it would be - MERCY. We don’t take anyone’s kindness for granted. It is mercy. ??

A post shared by Faf du plessis (@fafdup) on


Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Faf Du Plessis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.