Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Faf, toeskouer byna haaks ná Wanderers-loesing
Omgekrap . . . Faf du Plessis

Die Proteas se frustrasies tot dusver in die toetsreeks teen Engeland het verlede week oorgekook.

Rapport verneem veiligheidswagte moes verlede Saterdagaand tussenbeide tree toe ’n “beledigende” toeskouer en die Suid-Afrikaanse kolf-ster Faf du Plessis gedreig het om mekaar te lyf te gaan, kort ná die laaste dag se spel in die derde toets tussen Suid-Afrika en Engeland op die Wanderers.

Die Proteas het dié toets met sewe paaltjies verloor, nadat hulle vir ’n skamele 83 lopies in hul tweede kolfbeurt uitgeknikker is. Met dié nederlaag het die span ook afstand gedoen van die no. 1-plek op die Internasionale Krieketraad (IKR) se wêreldranglys.

Na verneem word, was die Protea-spelers besig om op die spanbus te klim, toe ’n ontevrede toeskouer hulle in Afrikaans uit ’n losie naby aan die kleedkamer begin beledig het.

Dié man het glo onder meer daarop aangedring dat die Suid-Afrikaanse spelers “sy geld teruggee” ná dié swak vertoning. Hoewel die meeste van sy spanmaats dit geïgnoreer het, het Du Plessis “nie sy gekoggel gewaardeer nie” en hom “uitgedaag om af te stap (na die spanbus)”.

Zunaid Wadee, die Proteas se veiligheidshoof, het glo na die man opgestap en hom “begin rondpluk”.

Toe van die toeskouer se vriende wou betrokke raak, moes van die Wanderers se veiligheidswagte glo ook inspring.

Mohammed Moosajee, die Proteas se spanbestuurder, het die voorval by navraag aan Rapport bevestig.

“Faf was baie bekommerd oor die opmerkings wat die toeskouer gemaak het en hy het vir Zunaid gevra om hom te gaan haal, sodat hy persoonlik met die toeskouer kon gesels,” het Moosajee gesê.

“Dit het gebeur en nadat die twee ’n gesprek gehad het, het hulle bladgeskud. Ons is nie bewus van enige fisieke onderonsie nie.”

Du Plessis, wat ’n sukkelseisoen met die kolf beleef, is op die Wanderers vir onderskeidelik 16 en 14 lopies uitgehaal.

Hy het sy plek in die elftal aan JP Duminy afgestaan vir die vierde toets op SuperSportpark in Centurion, wat eergister begin het.

  • Intussen verneem Rapport die uitvoerende raad van Krieket Suid-Afrika (KSA) is “woedend” vir Haroon Lorgat, dié beheerliggaam se uitvoerende hoof, nadat hy bykans drie maande lank versuim het om ’n dissiplinêre oortreding aan hulle te rapporteer.

Rapport het verlede week berig “ ’n besope” Aaron Phangiso is in Oktober verlede jaar van ’n vlug tussen Mumbai en Dubai gegooi nadat hy vlugpersoneel en ander passasiers beledig het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.