Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Jacques Faul: ‘Corrie het baie om te bied’
Corrie van Zyl is weer in diens van Krieket Suid-Afrika. Foto: GALLO IMAGES

Corrie van Zyl het baie om te bied en hy het baie respek vir hom.

Só sê Jacques Faul, waarnemende uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), nadat Van Zyl weer amptelik deur die beheerliggaam in diens geneem is.

Van Zyl en nog twee senior amptenare – Naasei Appiah, die hoofbedryfsbeampte, en Clive Eksteen, hoof van kommersiële sake en bemarking – is in Oktober verlede jaar geskors hangende ’n ondersoek na beweerde pligsversuim rakende die beeldregtekwessie van 2018 se Mzansi-superliga.

Van Zyl, voormalige krieketbestuurder van KSA, was ten tyde van die skorsing KSA se waarnemende direkteur.

KSA het berigte dat hy gaan aanbly, Dinsdag in ’n kort verklaring bevestig.

Die saak tussen KSA en Corrie van Zyl is afgehandel, hy kan onmiddellik weer by KSA werk.
KSA

“Die saak tussen KSA en Corrie van Zyl is afgehandel, hy kan onmiddellik weer by KSA werk,” lui die verklaring.

Van Zyl se presiese nuwe rol sal luidens die verklaring mettertyd bekend gemaak word.

Faul sê Van Zyl gaan in die tyd wat hy nog waarneem as die uitvoerende hoof, baie nou met hom saamwerk.

Thabang Moroe

“Hy kan goed aangewend word en kan onder meer dalk as soort van ’n uitvoerende konsultant ingespan word terwyl hy ook baie goeie kennis van toernooie het.”

Appiah en Eksteen se sake staan glo ook einde se kant toe.

Faul bly aan die stuur totdat die ondersoek teen Thabang Moroe voltooi is.

Dié voormalige uitvoerende hoof is teen volle betaling geskors. ’n Volledige forensiese oudit van KSA se geldsake en alle bedrywighede is met sy skorsing aangevra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.