Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Flintoff onthul stryd met bulimie
Min mense het geweet dat Freddie Flintoff ná etes aspris opgegooi het in die tyd toe hy vir Engeland krieket gespeel het. Foto: Getty Images

Andrew (Freddie) Flintoff, een van Engeland se veelsydigste krieketspelers in die onlangse tye, onthul in ’n nuwe dokumentêre BBC-film dat hy jare lank ’n stryd teen bulimie gevoer het.

In Freddie Flintoff: Living with Bulimia vertel die 42-jarige oudspeler dat hy meer as die helfte van sy lewe met dié siekte gesukkel het.

“Ek het bekend geword as ’n vet krieketspeler nadat die koerante ’n bohaai oor my gewig gemaak het. Ek het my toe verbeel almal kyk vir my en dis toe dat ek begin het om ná etes op te gooi.”

Ná sy krieket-speeldae het Flintoff allerhande dinge probeer doen. Hy het selfs so ’n bietjie probeer boks, maar hy was nie baie goed daarmee nie. Foto: Getty Images
’n Jong Flintoff kou senuweeagtig aan sy vingers in ’n krieketwedstryd. Foto: Getty Images

Ná sy debuut in 1998 vir Engeland is selfs iewers geskryf dat hy swaarder as die Britse swaargewigbokser Lennox Lewis is.

Volgens Flintoff het hy hom later as ’n flambojante ou voorgedoen wat groot houe op die krieketveld gemoker het en daarna in die kroeg soos ’n partytjie-dier tekere gegaan het.

Hy is deesdae meer gemaklik met sy lyf en probeer om nie meer aspris naar te word nadat hy geëet het nie.

Flintoff is deesdae ’n bekende gesig op televisie en bied onder meer die motorprogram Top Gear aan. – Stuff.nz

Meer oor:  Krieket  |  Freddie Flintoff  |  Andrew Flintoff  |  Bulimie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.