Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Flower onthou Khan se mes teen sy keel

Die Zimbabwiër Grant Flower het onthul dat die Pakistanse krieketster Younis Khan hom met ’n mes teen die keel gedreig het toe hy hom ’n bietjie kolfraad wou gee.

Die Pakistanse topkolwer Younis Khan in 2013 in aksie teen Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Die voorval het in die 2016-’17-seisoen op Pakistan se toer in Australië gebeur, waar Flower, ’n voormalige toetskolwer, as kolfbreier vir die toerspan diens gedoen het.

Khan het in daardie stadium ’n insinking in sy spelpeil beleef en slegs 16 lopies in ses toetsbeurte aangeteken.

Flower het die naweek in ’n uitsending van die web-program Following on Cricket gesê die voorval het gedurende die eerste toets in Brisbane gebeur.

“Younis Khan was nie ’n maklike kalant om af te rig nie,” het Flower gesê.

“Uit die aard van die saak spog hy met ’n briljante loopbaan. Maar ek onthou die oggend in Brisbane toe ek hom tydens ontbyt ’n bietjie raad oor sy kolfwerk wou gee.

“Hy is vir ’n nulletjie in die eerste beurt uit en was nie juis te vinde vir my raad nie. Trouens, hy het ’n mes gegryp en teen my keel gedruk. Mickey Arthur (afrigter) was vinnig by om in te gryp,” het die Zimbabwiër gesê.

“Ja, dit was interessant, maar dis seker deel van afrigting. Jy moet die onverwagse verwag. Ek het oor die jare baie van temperamente geleer en leer steeds.”

Arthur het die voorval bevestig.

“Ja, Younis het ’n ontbytmes in sy hand gehad, wat hy toe teen Grant se keel gehou het. Ek het hom kalmeer en gesê almal probeer hom net help.

“Ons wil net hê hy moet weer sy kolfpeil bereik. Wat hy toe gelukkig in die tweede beurt op die |Gabba gedoen het deur 65 aan te teken.” – stuff.co.nz

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Younis Khan  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.