Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gaan Amla SA se omstrede insluiting wees?

In elk van die laaste vier Wêreldbekerkriekettoernooie, was daar minstens een insluiting wat Protea-ondersteuners se menings verdeeld gehad het. Soms was sentiment betrokke, soms was die insluitings politiek gedrewe en soms was dit omstrede. Luke Alfred kyk na vier insluitings in die laaste vier toernooie en vra die vraag of Hashim Amla straks vanjaar as ’n omstrede insluiting gaan tel.

Allan Donald
Allan Donald. Foto: Getty Images

2003: Allan Donald

Toe Suid-Afrika die Wêreldbeker-toernooi in 2003 aangebied het, was Donald se vuur aan’t uitdoof.

Daar was diegene wat gemeen het om hom uit die groep te laat, sou misdadig wees, maar andersyds het sy eie span gedink hy is nie meer vinnig genoeg om die boulwerk te begin nie.

’n Voorbeeld hiervan is vroeg in die toernooi teen Nieu-Seeland op die Wanderers gesien.

Herschelle Gibbs se 143 het Suid-Afrika tot 306 gevoer. Nieu-Seeland het ’n aangepaste teiken gejaag en met nege paaltjies gewen nadat Stephen Fleming ’n onoorwonne 134 geslaan het.

En Donald se syfers nadat hy as aflosbouler naas Makhaya Ntini en Shaun Pollock, wat goeie skofte ingesit het, ingespan is? 1/51 in 5.5 boulbeurte.

Shaun Pollock
Shaun Pollock. Foto: Getty Images

2007: Shaun Pollock

As ’n jong speler was hy nie net vinnig nie, maar kon ook wip uit mak, papsak-blaaie kry.

Soos hy ouer geword het, het Pollock se spoed getaan, maar hy het wyser geword.

Hy kon jou paaltjie soos ’n sakkeroller steel, liewer as om jou uit jou kolfkampie weg te blaas.

Ongeag Pollock se naam, was hy ’n jaar of twee verby sy beste by die Wêreldbekertoernooi in 2007 in die Karibiese Eilande. Toe was hy 33 jaar oud.

In die wedstryd teen Australië in St. Kitts, het al die Protea-boulers deurgeloop terwyl die Aussies 377 lopies geslaan het, maar Pollock se syfers was veral treurig.

Matthew Hayden het hom op die klein veld rondgetimmer en Pollock het 83 lopies in sy tien beurte afgestaan.

Morné van Wyk. Foto: Getty Images

2011: Morné van Wyk

Van Wyk se loopbaan het bestaan uit verrassende insluitings, gevolg deur tye in die wildernis.

In die T20- en eendagtuisreekse teen Indië vroeg in 2011 het Van Wyk begin om ’n paar goeie vertonings te lewer.

Van Wyk se onverwagse insluiting het ietwat besielend voorgekom – die ringkoppe het nie altyd ooghare vir Mark Boucher gehad nie en die gesellige Van Wyk was ’n gewilde spanlid.

Op die draaiersvriendelike blaaie van die subkontinent –dink aan die stryd teen Engeland in Chennai – het hy egter middelmatig teen goeie draaiboulwerk gelyk.

Toe het hy per ongeluk slaappille gedrink voor ’n belangrike wedstryd teen Indië in Nagpur, wat sy reflekse agter die penne verswak het.

Vernon Philander
Vernon Philander. Foto: Getty Images

2015: Vernon Philander

As Van Wyk se insluiting hier en daar ’n wenkbrou laat lig het, is die nuus dat Philander na Australasië sou gaan met grootskaalse verbasing begroet.

Daar was ’n tydperk van vier jaar fat Philander geen internasionale eendagkrieket gespeel het nie.

Ons almal weet wat volgende gebeur het, toe Philander ingesluit is by die span vir die halfeindstryd teen Nieu-Seeland, ten koste van Kyle Abbott.

Daar was fluisteringe van inmenging deur Haroon Lorgat, voormalige uitvoerende hoof van KSA, en die keurder Hussein Manack.

Om billikheidshalwe – Philander se syfers was beter as dié van Dale Steyn en Morné Morkel, maar dit was die wyse van sy insluiting wat ’n wrang smaak in die mond laat.

Hashim Amla
Hashim Amla. Foto: Getty Images
2019: Hashim Amla?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.