Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gauteng kontrakteer Duanne Olivier

Gauteng het die voormalige Protea-snelbouler Duanne Olivier vir die komende krieketseisoen gekontrakteer.

Die 28-jarige Olivier is nie heeltemal onbekend aan Gautengers nie, want hy het voorheen vir die Jozi Stars in die Mzansi-superliga gespeel.

Duanne Olivier Foto: Gallo Images

Olivier speel tans nog graafskapkrieket vir Yorkshire, by wie hy tot 2022 nog gekontrakteer is gedurende die Suid-Afrikaanse afseisoen.

Gauteng het twee Proteas – Dwaine Pretorius (Noordwes) en Beuran Hendricks (Westelike Provinsie) – verloor, maar het steeds nege nasionale spelers om uit te kies wanneer almal beskikbaar is.

Olivier is een van 11 spelers wat die afgelope twee jaar nog Kolpak-spelers was of wat nie plaaslike kontrakte gehad het nie wat in die nuwe provinsiale reeks weer in Suid-Afrikaanse krieket in aksie sal wees.

Die Westelike Provinsie het Hashim Amla, Vernon Philander, Wayne Parnell en David Bedingham gekontrakteer.

Dane Paterson, ’n voormalige snelbouler van die Cape Cobras, is deur die Oostelike Provinsie opgeraap.

Die Boland het die kolwer Stiaan van Zyl en snelbouler Hardus Viljoen in sy geledere.

Die kolwer Heino Kuhn is by Noordwes.

Noordelikes het sterre soos die veelsydige Chris Morris en die draaier Simon Harmer.

Grant Thomson, kaptein van die Titans die afgelope seisoen, is nie deur Noordelikes gekontrakteer nie.

Gauteng se groep vir 2021-22: Temba Bavuma, Rassie van der Dussen, Wiaan Mulder, Reeza Hendricks, Ryan Rickleton, Dominic Hendricks, Bjorn Fortuin, Joshua Richards, Lutho Sipamla, Kagiso Rapulana, Duanne Olivier, Kagiso Rabada, Sisanda Magala, Malusi Siboto, Ruan Haasbroek, Tladi Bokako, Tshepo Ntuli, Mitchell van Buuren, Codi Yusuf, Levert Manje.

Meer oor:  Provinsiale Krieket  |  Gauteng  |  Duanne Olivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.