Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Windies se Gayle, Engelse kolf rekords kis

Engeland het Donderdagoggend (SA tyd) in Bridgetown in die eerste eendagwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande sy hoogste lopiejaagtog in dié formaat van die spel behaal.

Engeland se Jason Roy (links) vier sy honderdtal terwyl sy kaptein, Joe Root, toekyk hoe die bal die grens haal. Foto: Getty Images

Honderdtalle deur Engeland se Jason Roy en Joe Root het die besoekers gehelp om die Windies met ses paaltjies te klop.

Roy het 123 lopies van 85 balle gemoker en Root 102 van 97, met die besoekers wat die wenteiken van 361 gehaal het met nog agt balle oor.

Eoin Morgan het 65 bygedra en Jos Buttler het die sege beklink nadat Root uitgehaal is met die tellings gelyk.

Die tuisspan se sterkolwer Chris Gayle het vroeër 135 van 129 aangeteken om die Windies te help om 360/8 te behaal, hul hoogste telling nog teen Engeland.

Chris Gayle vier sy honderdtal. Foto: AP

Hy het 12 van sy span se 23 sesse gemoker en daarmee Shahid Afridi se wêreldrekord verbeter.

Gayle se 488 sesse is die meeste in internasionale krieket en hy is nou 12 voor die uitgetrede voormalige kaptein van Pakistan.

Nieu-Seeland se Brendon McCullum is derde op die lys, maar ver agter Gayle en Afridi met sy 398 maksimums.

Maar Roy, wat Gayle met sy telling op nege laat val het, was Engeland se leidsman en heeltyd in beheer terwyl die wêreld se voorste eendagspan verbeter het op die 350/3 wat hy in 2015 by Trent Bridge teen die Kiwi’s behaal het.

Die besoekers se poging Donderdag was boonop die vierde hoogste suksesvolle lopiejaagtog in die geskiedenis van internasionale eendagkrieket.

Hoewel dit ’n uitstekende blad was om op te kolf was die Windies swak in die veld en het Roy en Root albei twee keer laat val.

Die tweede kragmeting in die reeks van vyf wedstryde word Vrydag op dieselfde veld beslis.

Telkaart.

– Sportredaksie

Meer oor:  Chris Gayle  |  Joe Root  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.