Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gayle onderkaptein in sy 5de WB

Die 39-jarige Chris Gayle is as onderkaptein van die Wes-Indiese Eilande se Wêreldbeker (WB)-span aangewys.

Chris Gayle / Foto: Getty Images

Dié strydros sal Jason Holder se adjudant wees by die krieketskouspel, wat op 30 Mei in Engeland begin.

Gayle, wat meer as 10 000 lopies in 289 eendagwedstryde vir die Windies opgestapel het, speel vanjaar in sy vyfde WB-toernooi.

Die Windies het die eerste twee WB-toernooie, in 1975 en 1979, gewen, maar sedertdien gesukkel om ’n impak in die vierjaarlikse toernooi te maak.

Dié eilandmanne, wat onlangs op tuisbodem met die wêreld se nr. 1-eendagspan, Engeland, afgereken het, kan egter vanjaar ’n gevaarlike buiteperd wees. Die Windies begin hul veldtog op 31 Mei teen Pakistan in Nottingham. – Reuters

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Chris Gayle  |  Windies  |  Eendagkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.