Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gayle sál bydrae lewer vir Jozi Stars

Ondanks die feit dat Chris Gayle, die Jozi Stars se internasionale ikoonspeler van die Wes-Indiese Eilande, slegs die laaste twee weke van die maand lange Mzansi Superliga (MSL) beskikbaar is, glo dié span van die Goudstad nie dat hy vir hom ’n kat in die sak gekoop het nie.

Reeza Hendricks, Beuran Hendricks, Enoch Nkwe (afrigter), Dwaine Pretorius en Rassie van der Dussen Vrydag op die bekendstelling van die Jozi Stars in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Daar is ook diegene wat wonder of die 39-jarige Gayle, ongetwyfeld die voorste T20-speler wat wêreldkrieket tot nog toe gesien het, nie al verby sy beste spelpeil is nie.

Patrick Moroney, bestuurslid van die Jozi Stars, glo gewis nie so nie.

“Chris is nou fikser as wat hy die afgelope vier jaar was. Ons gaan probeer om hom vir ons eerste wedstryd in die reeks hier te kry, waarna hy na die Verenigde Arabiese Emirate sal reis vir die T10-reeks. Hy sal dan weer van 4 Desember af vir ons beskikbaar wees,” sê Moroney.

Die Jozi Stars se eerste wedstryd is op 17 November op die Wanderers teen die Nelson Mandela Bay Giants.

“Die rede hoekom ons Chris as ons oorsese ikoonspeler gekies het, is omdat hy ongetwyfeld die vermoë het om reeds van die eerste klompie boulbeurte af met sy groot slaanwerk vir jou die wedstryd te wen,” sê Moroney.

Enoch Nkwe, afrigter van die Jozi Stars, op die span se bekendstelling Vrydag. Foto: Gallo Images

Die wenkbroue het gelig toe die Stars in hul eerste kiesbeurt vir Dane Vilas teen R900 000 opgeraap het.

“Dane is wat ons betref ’n baie veelsydige speler en een van die beste paaltjiewagters wat daar is. Hy is ook ’n sterk leier en kan in daardie rol ook iemand wees wat ’n groot bydrae lewer,” sê Moroney.

Hy erken die Stars is teleurgesteld omdat hulle uitgemis het op plaaslike spelers soos Temba Bavuma en Aaron Phangiso.

“Durban Heat het Temba opgeraap net voordat ons hom wou kies. Tog glo ek ons het ’n goed gebalanseerde span en ons sal beslis ons deel bydra om van hierdie toernooi ’n sukses te maak,” verseker Maroney.

Die afrigter, Enoch Nkwe, sê hy is baie tevrede met die balans van hul groep.

Meer oor:  Jozi Stars  |  Chris Gayle  |  T20  |  Mzansi Super League  |  Msl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.