Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gayle sluit hom aan by Amla en Tendulkar

Chris Gayle van die Wes-Indiese Eilande het slegs die derde kolwer ná Hashim Amla en Sachin Tendulkar in die geskiedenis geword om ’n eendaghonderdtal teen 11 verskillende lande te moker.

Die 38-jarige Gayle (123, 91b, 7x4;11x6) was Dinsdag op sy stukke vir die Windies teen die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in die spanne se eerste wedstryd in die kwalifiserende reeks vir die Wêreldbekertoernooi in Harare.

Chris Gayle. Foto: Getty Images

Die Windies het hul eerste groepwedstryd met 60 lopies gewen.

Gayle en die jong Shimron Hetmyer (127, 93b, 14x4;4x6) het die wenspan gehelp om 357/4 op te stapel.

Dit was Hetmyer se eerste honderdtal. Hy was kaptein van die Windies se o. 19-span, wat in 2016 die Wêreldbeker in Bangladesj gewen het.

Die VAE het met 297/6 geantwoord, met Rameez Shahzad (112*) wat die derde honderdtal in die wedstryd aangeteken het.

Die Windies se kaptein, Jason Holder, het 5/53 laat kantel.

Gayle, met 23 honderdtalle in eendagkrieket op sy kerfstok, het vroeër ook honderdtalle teen Bangladesj, Kanada, Engeland, Indië, Kenia, Nieu-Seeland, Pakistan, Suid-Afrika, Sri Lanka en Zimbabwe aangeteken. Hy kon dit nog nie teen Australië vermag nie. – IKR

Telkaart.

Meer oor:  Chris Gayle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.