Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gayle: Vergeet van my, skree vir Reeza!

Terwyl die toeskouers gaan hoop om Dinsdagaand een van Chris Gayle se kenmerkende T20-honderdtalle te sien, hoop dié ervare Jamaikaan om eerder ’n derde agtereenvolgende honderdtal van Reeza Hendricks te sien.

Chris Gayle Maandag in ’n ligte luim op ’n nuuskonferensie by Nuweland. Foto: Gallo Images

Gayle se Jozi Stars pak die Cape Town Blitz, die voorlopers, Dinsdagaand op Nuweland in Kaapstad.

Niemand in die Mzansi-superliga is beter op dreef as Hendricks nie, wat tellings van 108*, 104* en 55 in sy laaste drie beurte gemoker het en die Stars gehelp het tot die derde plek op die puntelys ná oorwinnings oor die Durban Heat en die Nelson Mandela Bay Giants.

“Ek sal mal wees daaroor as Hendricks ’n driekuns kan behaal,” sê Gayle.

“Twee honderdtalle in agtereenvolgende wedstryde is fantasties en dit is goed om te sien dat hy so goed op dreef is,” sê Gayle.

Die 39-jarige aanvangskolwer het al meer as 100 T20-wedstryde gespeel en niemand weet beter as hy hoe om ’n honderdtal in die weergawe van die spel te slaan. Gayle het dit al 21 keer reggekry, terwyl die tweede meeste sewe deur Michael Klinger, Luke Wright en Brendan McCullum is.

Jy klim van die vliegtuig af en moet amper dadelik speel. Maar dit is waar die ervaring help.
Chris Gayle

Die Wes-Indiese kolwer het die naweek uit Dubai geland waar hy in die T10-reeks gespeel het en erken dit is op sy ouderdom nie meer so maklik om onmiddellik reg te wees om te speel nie.

“Jy klim van die vliegtuig af en moet amper dadelik speel. Maar dit is waar die ervaring help. Ek speel al baie lank T20-krieket reg rondom die wêreld en ek weet al hoe myself reg te kry om op my beste te wees,” sê die hotkloukolwer.

Gayle sê dit help nogal dat die span se peil vlamgevat het en dat hy in ’n wenspan terugkom.

Die Stars pak ’n Blitz-span wat slegs een van sy wedstryde in die reeks nie gewen het nie en hoop om sy plek in die eindstryd van die reeks op 16 Desember te bespreek.

Die Kapenaars het self hul internasionale speler, die Engelse kolwer Dawid Malan, terug vir Dinsdag se wedstryd.

Hy sê dit was goed om die Kapenaars se vertonings dop te hou terwyl hy in Dubai was en dat hy nie kan wag om weer te speel nie.

Begintyd: 19:00 (SABC3)

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Jozi Stars  |  Chris Gayle  |  Msl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.