Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Geen hoëprofiel-toets vir Waca vanjaar

Die afwesigheid van ’n toets by die Gabba in Indië se toer na Australië twee jaar gelede is die rede agter die besluit om Perth oor die hoof te sien vir Virat Kohli se span se toer vanjaar.

So het Krieket Australië (KA) in ’n verklaring gesê nadat hy Donderdag die bepalings vir die nasionale span se seisoen bekend gemaak het.

Die Gabba-krieketstadion sal gasheer speel vir een van Australië se toetse teen Indië vanjaar.Foto: Getty Images

Die Gabba in Brisbane speel op 3 Desember gasheer vir die eerste van die vier toetse teen Indië in die reeks om die Border-Gavaskar-trofee.

Perth en Brisbane kan albei wel nog betrek word sou die organiseerders se planne vir vyf toetse in toekomstige reekse deurgevoer word.

Westelike Australië se krieketbeamptes reken die feit dat geen Border-Gavaskar-toets hierdie seisoen sal plaasvind nie ’n groot teleurstelling vir ondersteuners in Perth sal wees.

Perth sal wel vir Afganistan gasheer speel tydens ’n enkele toets, maar geesdriftiges sou veel eerder die Aussies teen ’n span soos Indië in aksie wou sien.

Waar sowel Perth as Brisbane elke vier jaar toetse aanbied in die reeks van vyf toetse om die As teen Engeland, sal Indië se toer van vier toetse dié slag vir Perth as slagoffer hê.

Kevin Roberts, uitvoerende hoof van die KA, sê aangesien Brisbane twee jaar gelede uitgemis het, is hy dié keer voorkeur gegee.

“As Perth die Indië-toets gekry het, sou dit beteken dat Perth twee toetse teen Engeland en twee toetse teen Indië in die siklus van agt jaar aangebied het vir ’n totaal van vier,” het Roberts gesê.

“Brisbane sou in dieselfde tydperk net twee aangebied het en dit sou ’n wanbalans geskep het in die siklus.”

Roberts sê verder dat dit in die spel se belang is om ook hoëprofiel-toetse na Queensland te vat.

“Die gebalanseerde oplossing was om die Indië-toets in Brisbane te speel, wat beteken dat sowel Perth as Brisbane drie toetse elk teen Indië en Engeland aangebied het,” het Roberts bygevoeg. – Sportredaksie

Meer oor:  Indië  |  Perth  |  Brisbane  |  Waca  |  Krieket Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.