Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Geestesake hou 3 Aussies uit toetsgroep

Die koppe van twee Australiese onderpresteerders in die reeks om die As – vroeër vanjaar in Engeland – het Donderdag gerol toe die nasionale krieketkeurders hul toetsgroep vir die komende reeks teen Pakistan aangekondig het.

Michael Neser, ’n veelsydige speler wat sover dié seisoen goed vertoon het in Australië se Sheffieldskild-reeks, is ’n nuwe gesig in die Aussie-toetsgroep vir die reeks van twee toetse teen Pakistan. Foto: Getty Images

Die aanvangskolwer Marcus Harris, wat ’n powere kolfgemiddeld van 9.66 in drie toetse teen Engeland gehad het, asook die topkolwer Usman Khawaja, is weggelaat vir die reeks, wat op 21 November in Brisbane begin.

Die aanvangskolwer Joe Burns, wat desondanks ’n telling van 180 teen Sri Lanka in Februarie nie die groep vir die reeks om die As kon haal nie, is terug in die Aussie-span. So ook Cameron Bancroft, wat ná slegs twee toetse in Engeland die trekpas gegee is.

Bancroft kan homself waarskynlik gelukkig ag, maar het wel gewys dat hy betreklik goed op dreef is toe hy vroeër vandeesweek 49 lopies vir Australië A in ’n toerwedstryd teen Pakistan aangeteken het.

Bancroft het slegs speelkans in die toerwedstryd in Perth gekry nadat ’n ander kandidaat vir die toetsspan, Nic Maddinson, hom weens geestesgesondheidsprobleme aan die Aussie-span onttrek het.

Maddinson is een van drie Australiërs wat weens geestesgesondheidskwessies nie beskikbaar is vir die reeks van twee toetse teen Pakistan nie. Die ander is Will Pucovski, ’n 21-jarige kolwer van wie baie verwag word, en die ervare Glenn Maxwell.

Pucovski het hom aan die begin van die jaar weens dieselfde kwessie ook aan Australië se groep onttrek.

Die veelsydige Michael Neser, wat nog sy toetsdebuut moet maak, is ook in die Australiese groep ingesluit.

Die tweede toets teen Pakistan begin op 29 November in Adelaide.

Ná die reeks teen Pakistan, sal Australië in Desember en Januarie ’n reeks van drie toetse teen Nieu-Seeland speel. 

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.