Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Gewese Protea-bouler los gholf, rig seuns af

Die voormalige Protea-bouler Johan van der Wath is pas aangestel as die nuwe direkteur van krieket by Southdowns College in Centurion.

Johan van der Wath in aksie vir die Knights in die meerdagreeks teen die Warriors in Bloemfontein in 2014. Foto: Gallo Images

Van der Wath (40), lank ’n staatmaker vir die Knights, het tot onlangs nog gholf in die Sonskynreeks gespeel en het steeds sy spelerskaart, maar sê hy kry nie meer tyd vir dié sport nie vanweë sy betrokkenheid by die afrigting van krieket.

Hy vervang Pierre de Bruyn, wat intussen ’n pos as afrigter van Namibië se nasionale span aanvaar het.

“Ek het baie by Pierre geleer en hy het ’n goeie bloudruk agtergelaat. Ek wil egter my eie stempel op die afrigting afdruk, waar ek met die seuns van die laerskool sal werk,” sê Van der Wath.

Hy gee toe dié skool is nie bekend vir krieket nie, maar sê daar is die laaste ses maande goeie vordering gemaak en sy uitdaging sal wees om dit te verbeter en te help dat hulle bestendig word.

“Daar was baie suksesse die laaste ses maande en die uitdaging gaan wees om daarop voort te bou.

“Noudat ek weer voltyds terug by krieket is, sal ek graag wil sien dat die seuns met wie ek werk, lief word vir krieket. Dit is ’n groot uitdaging, maar ek sien kans daarvoor,” sê Van der Wath.

Dié gebore Nataller se krieketloopbaan het by hom onder meer by Oostelikes, Vrystaat (Eagles en later Knights), Sussex en Northamptonshire in Engeland, asook die Indiese Premierliga laat draai.

Hy het sy laaste wedstryd in 2014 vir die Knights gespeel toe die gholf-gogga hom gebyt het.

Meer oor:  Knights  |  Johan Van Der Wath
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.