Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Giants moker Blitz deurmekaar

Die Nelson Mandela Bay Giants-krieketspan het Woensdagaand in Port Elizabeth die nuwe voorlopers in die Mzansi-superliga (MSL) geword toe hulle die Cape Town Blitz in ’n opwindende wedstryd met vyf paaltjies verslaan het.

Die Giants moes boonop ’n nuwe rekordtelling vir ’n MSL-wedstryd by St. Georgepark aanteken om dit reg te kry.

Jon-Jon Smuts, kaptein van die Giants, het ’n skitterende beurt vir sy span gespeel. Foto: Gallo Images

Hulle het die wentelling van 187/5 met vier balle oor bereik.

Jon-Jon Smuts, die tuisspan se kaptein, was sy span se groot held.

Smuts het 73 lopies (2x6, 8x4) gekry voor hy deur Sisanda Magala van Wahab Riaz se boulwerk uitgevang is.

Smuts het skitterend gekolf, maar het ook heelwat geluk aan sy kant gehad.

Die einste Riaz het hom op 16 laat uitvang, maar Smuts is teruggeroep omdat dit ’n foutbal was.

Met sy telling op 31 was Smuts weer byna uit, maar die bal het net kort van die veldwerker geval.

Smuts en Ben Dunk (28) het hul span weer hoop gegee ná Jason Roy (1) en Matthew Breetzke (0) hul paaltjies vroeg verloor het.

Teen die einde was dit Marco Marais (40*) en Chris Morris (19*) wat kopgehou het om die oorwinning te verseker.

Die manne van Kaapstad het eerste gekolf en het met hul totaal van 186/9 die rekord verbeter vir die grootste totaal wat nog in ’n MSL-wedstryd by St. Georgepark aangeteken is.

Die vorige rekord was die 173/3 wat die Jozi Stars verlede seisoen teen die Giants aangeteken het.

Die Blitz het hul naam gestand gedoen en het blitsig begin met Janneman Malan en Quinton de Kock wat van die begin af vuur onder die boulers gemaak het.

Dié twee het ’n vennootskap van 72 lopies in 6.2 boulbeurte aangeteken voor die ou jakkals Imran Tahir toegeslaan en Malan deur Jason Roy vir 31 lopies laat uitvang het.

Dit was soete wraak vir Tahir want Malan het sy vorige aflewering vir so ’n groot ses gemoker dat daar ’n ander bal op die veld gebring moes word.

De Kock (39) het kort daarna gevolg toe hy probeer het om sy vierde ses te slaan en op die grens deur Marais van Onke Nyaku se boulwerk uitgevang is.

Marques Ackerman (26), Liam Livingstone (39) en Asif Ali (22) het ook gesorg dat die telling mooi bly groei het.

Tahir was weer die keur van die tuisspan se boulers met 2/26 in sy vier boulbeurte.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Msl  |  Cape Town Blitz  |  Nelson Mandela Bay Giants  |  Jon-Jon Smuts  |  Mslt20  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.